Grimm se Feeverhale Boek 1 Flipbook PDF

Afrikaanse vertaling van Grimm se sprokies. Boek 1: 12 dansende prinsesse.
Author:  R

92 downloads 102 Views 2MB Size

Recommend Stories


Grimm anaien ipuinak Cuentos de los hermanos Grimm
51 1 IFK-CIF Q2000541I 6634n VI 2009-11 Grimm anaien ipuinak Cuentos de los hermanos Grimm Centro Cultural AIETE Kultur Etxea 2013 MAIATZA 3 MAYO

Los Siete cuervos. Hermanos Grimm
Los Siete cuervos Hermanos Grimm Érase una vez un hombre que, como tenía siete hijos y ninguna hija, deseaba ardientemente tener una niña en su hogar

Story Transcript

Grimm se feëverhale in Afrikaans

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE Eens op 'n tyd, lank gelede, was daar 'n koning wat twaalf dogters gehad het, almal beeldskoon. Die meisies het in 'n saal geslaap, op beddens wat digby mekaar gestaan het. Elke aand het die koning die saal se deur gesluit, maar in die oggend sou hy oopsluit en dan sien dat al die meisies se skoene stukkend gedans is. Niemand kon vir hom verduidelik hoe dit gebeur het nie. Die koning was moedeloos, en het 'n proklamasie uitgevaardig dat enigiemand wat vir hom die raaisel kon oplos, die reg sou hê om een van die prinsesse as sy vrou te kies, en ook om na die koning se dood die koninkryk te erf. Maar daar was nog 'n voorwaarde: wie ookal sou probeer om die raaisel op te los, sou met sy lewe betaal as hy dit nie binne drie dae kon doen nie.

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE 'n Prins het kort daarna opgedaag en aangebied om te probeer. Hy is hartlik ontvang, en daardie aand is hy na 'n slaapkamer langs die meisies se slaapsaal geneem, waar 'n bed vir hom gereed gemaak is. Sy deur sou oopgelos word sodat hy kon hoor en sien as enige van die meisies in- of uitgaan, en hulle dan kon volg om te sien waarheen hulle gaan om te dans. Die prins het egter gou vaak geword, en aan die slaap geraak. Die volgende oggend was dit duidelik dat die prinsesse weer gedans het, want almal se skoene was vol gate. Dieselfde het die volgende twee aande gebeur, en die prins se kop is sonder seremonie die volgende

dag afgekap. Die prins was een van baie jong edelmanne wat op hierdie manier hulle lewens verloor het. Almal was gretig om met een van die pragtige prinsesse te trou en die koninkryk te erf, maar niemand kon dit regkry om die raaisel op te los nie.

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE In daardie selfde tyd was daar 'n arm soldaat, wat in 'n oorlog gewond is en nie meer kon veg nie, wat op reis was deur die koninkryk. Naby die stad waar die koning gewoon het, het hy langs die pad 'n ou vrou ontmoet wat wou weet waarheen hy op pad was. 'Ek weet nie eintlik nie- miskien moet ek die koning se raaisel vir hom gaan oplos, met een van die prinsesse trou en die koninkryk erf!', het hy geterg. Die ou vrou het nie vir sy grap gelag nie. 'Dis nie so moeilik as wat jy dink nie', sê sy ernstig. 'Al wat jy moet onthou is om nie die wyn wat in die aand vir jou aangebied word, te drink nie'. Sy haal 'n kort mantel uit haar sak. 'Sit hierdie mantel om jou skouers, dan sal jy onsigbaar wees, en as jy hoor die prinsesse gaan uit, kan jy hulle ongesiens volg.’

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE Die soldaat het ernstig oor die saak gedink, en uiteindelik besluit om haar raad te volg. Toe hy by die paleis aankom, is hy net so vriendelik soos al die prinse ontvang. Die bediendes het slefs vir hom deftige, nuwe klere gebring om aan te trek voor aandete. Later die aand is hy na sy kamer geneem, en nie lank daarna nie het die oudste prinses vir hom 'n glas wyn gebring om te drink. Hy was gereed vir haar- vroeër die aand het hy 'n spons onder sy ken vasgemaak, en hy het stilletjies die wyn daarin laat loop. Die prinses het by sy kamerdeur gewag totdat sy hom hoor snork, en toe saam met haar susters gegiggel omdat hulle nog 'n idioot se planne gefnuik het. Die soldaat kon duidelik hoor hoe die meisies hulle kasdeure oopmaak en hulle dansrokke

en -skoene aantrek, en opgewonde

fluister en giggel oor die aand wat voorlê. Net die jongste sussie was nie opgewonde nie. 'Ek weet nie waarom nie, maar ek voel 'n bietjie onrustig vanaand. Dit voel vir my of daar onheil op ons wag.‘

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE 'Jy is regte ‘n klein pretbederwer!' sê die oudste suster. 'Jy is alewig bang vir alles. Het jy vergeet hoeveel prinse ons al uitoorlê het? Ek hoef nie eens vir daardie ou 'n glas wyn te gegee het nie- hy sou in elk geval deur dit alles gesnork het soos die klipkop wat hy is!'

Na 'n hele ruk het hulle gedink hulle is veilig, en die oudste suster het op een van die beddens geklop wat dadelik in die vloer begin sak het. Een na die ander het die prinsesse deur die opening in 'n diep tonnel verdwyn. Die soldaat het sy mantel omgehang en hulle stilletjies gevolg, net agter die jongste prinses. Alhoewel hulle hom nie kon sien nie, het hy per ongeluk op die jongste se rok getrap. Sy het geskrik en bang rondgekyk. 'Wat was dit? Wie hou my rok vas?‘

'Jy verbeel jou!' sê een van haar susters. 'Dalk het jou rok net aan 'n spyker vasgehaak!'

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE

Diep in die aarde het die tonnel geëindig in 'n lang laning met pragtige

silwer bome. Die soldaat het na sy asem gesnak, en gedink: 'Ek moet vir my 'n blaar afpluk as 'n soewenier!' Maar toe hy die blaar afpluk, het die tak met 'n knal gebreek. Weer het die jongste sussie verskrik rondgekyk en gesê: 'Wat was daardie geluid? Het julle dit ook gehoor?‘ 'Dis net ons vriende wat triomfskote skiet, omdat ons dit weer reggegkry het om van ons agtervolger te ontsnap!‘ Soos wat hulle verder stap, verander die laning se bome in goud, en daarna in diamante wat skitter in die lig, en elke keer pluk die soldaat 'n blaar om saam te neem. Elke keer skrik die jong prinses, maar uiteindelik kom hulle by 'n groot meer uit, waar twaalf aantreklike prinse in twaalf roeibote vir hulle wag.

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE Elke meisie klim by die prins van haar keuse in, en die soldaat glip weer in die boot waarop die jongste prinses vervoer word. Die prins

kreun terwyl hy roei, en sê: 'Ek weet nie hoekom nie, maar die boot is baie swaar vanaand!' 'Dis regtig warm,' sê die prinses, 'miskien is dit waaroor jy sukkel?‘ Uiteindelik kom hulle by die oorkantste oewer aan, en 'n groot skare feesgangers wag op hulle in 'n helder-verligte en pragtig-versierde paleis. Elke prins neem sy prinses aan die hand, en die vrolikheid begin! Hulle draai en swaai en dans die nag om.

Die soldaat geniet die partytjie net soveel- elke keer as hy 'n glas wyn in 'n prinses se hand sien, neem hy 'n sluk, maar niemand behalwe die jongste prinses kom dit eens agter nie.

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE Teen drie-uur die oggend vertrek die prinsesse weer saam met hulle prinse, en neem moeg, maar gelukkig afskeid aan die anderkant van die meer. Die soldaat sorg dat hy voor, langs die oudste prinses loop en eerste ingaan sodat hy betyds in sy bed kan kom. Toe die prinsesse inloer, maak hy weer of hy snork soos hy

slaap, en hulle lag net en skud hulle koppe voordat hulle ook bed toe gaan. Hulle stukkende skoene skop hulle sommer onder hulle beddens in. Die soldaat geniet die partytjies soveel, dat hy besluit om die volgende twee aande ook saam te gaan. Teen die vierde oggend word hy egter beveel om die koning te gaan sien, en toe die koning vra of hy die raaisel opgelos het, haal hy die silwer, goue en diamantblare uit en vertel vir die koning waar hy dit gekry het. Die prinsesse, wat by die deur gestaan en luister het, het gou besef dat hy hulle uitoorlê het, en was verplig om alles te erken toe hulle vader hulle vra of dit die waarheid is.

DIE TWAALF DANSENDE PRINSESSE Die koning was verlig dat die raaisel uiteindelik opgelos is, en het dadelik gevra watter prinses die soldaat sou kies om mee te trou. Hy het net 'n oomblik gedink en toe gesê: 'Ek is nie meer baie jonk nie, so gee asb vir my die oudste prinses.‘ Die troue is sommer die volgende dag al gehou, en die koning het sy belofte gehou deur aan die soldaat sy koningkryk te bemaak.

Die prinse wat weens 'n towerspel in die ondergrondse koninkryk moes woon, se tydperk van betowering is verleng met 'n dag vir elke aand wat hulle met die prinsesse gedans het.

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.