Data Loading...
Republikein_20190417 Flipbook PDF
Republikein_20190417
212 Views
37 Downloads
FLIP PDF 129.06MB
Woensdag 17 April 2019
TOURISM NETWORKING CONFERENCE LAUNCH
17 April 2019
N
ILI
T HI
KS
TY
YCLING REC
U S TA I N A B
LIVE @ 11:00 @NamibiaTourismExpo
In vandag se koerant gemeenskap
bladsy
3
Kombatters betoog teen Katti
Lesersfoto’s
»»Klagtes val op dowe ore
Otavi-kliniek is sonder ’n dokter Administratiewe rompslomp en ’n kritieke gebrek aan mediese sorg dompel Otavi-inwoners in ’n krisis.
››Henriette Lamprecht
D
ie Otavi-kliniek is reeds vir maande sonder die permanente dienste van ’n dokter. Volgens die gemeenskapsaktivis mnr. Johannes Johannes is die kliniek net sekere ure oop. Sou iemand in die dorp of die omliggende gebied ernstig beseer word, word hulle noodgedwonge óf na die private dokter óf na die staatshospitaal op Otjiwarongo verwys. “Die mense uit die gemeenskap moet dan op eie koste tot op Otjiwarongo kom, sou hulle nie met ’n staatsbus wat ook net een keer per week op Woensdae hier verby kom, ’n plek kry nie,” het Johannes gesê. Die grootste kommer is egter dat persone wat in ’n aanranding beseer is en waar ’n J88-vorm deur ’n dokter voltooi moet word, nie gehelp kan word nie.
Die gemeenskapsaktivis mnr. Johannes Johannes. FOTO VERSKAF Die J88-vorm is ’n wetlike dokument wat deur ’n dokter voltooi moet word in enige omstandighede waar ’n regsondersoek vereis word. “Sou van die inwoners tydens ’n roof of ’n aanranding beseer word, moet hulle nou eers op Otjiwarongo kom waar die vorm deur ’n dokter
ingevul moet word, en alvorens die polisie ’n saak open en die ondersoek begin.” Teen die tyd wat hulle egter na Otavi teruggekeer het, het die verdagtes volgens Johannes hulle weer uit die voete gemaak. “Dit is nou ’n ope geheim dat jy kan doen wat jy wil op die dorp, want daar is geen gevolge nie.” Volgens Johannes is dit veral teen die einde van die maand en betaaldag wat die aanrandings en roof op die dorp die meeste voorkom. “Dit is veral bendes van Grootfontein wat hiernatoe kom en mense met messe steek en beroof. Teen die tyd wat die mense ’n saak met die regte vorm kon open, is die bendes lankal weer weg.” Volgens Johannes het die dorp ’n “baie arm gemeenskap” en werk die meeste van dié inwoners op plase of by die myne in die omgewing. “Word hulle beseer en is die betrokke vorm vir ’n saak nodig, moet hulle noodgedwonge langs die pad gaan
FRESH CHICKEN 4 BREAST
99 N$74 Per kg
UHT MILK 1L
N$1799 ALL GOLD TOMATO SAUCE 750ml
N$1999
staan om vir ’n geleentheid Otjiwarongo toe te wag. Wie gaan egter iemand wat bebloed en beseer is sommer net in sy motor laai?” Na bl. 2
bladsy
8
Arandis-tragedie: PDM skree moord ››Denver Kisting Die Popular Democratic Movement (PDM) sê Namibiërs sal nooit vrede smaak as hulle aanhoudend deur geweldsmisdade geteister word nie. Die president van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê die PDM neem met toenemende weersin kennis van die oënskynlik eindelose geweldsmisdade – veral moorde en verkragtings waarvan gewone Namibiërs ten prooi val. Venaani sluit aan by die koor van gewalgde kritici teen Maandagoggend se bloedbad op Arandis waartydens die uitvoerende direkteur van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnr. Eckhart Mueller (72), omgekom het. Sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig (60), is ook doodgeskiet. Na bl. 2
SPORT
Roei
bladsy
18
Maike wen medalje in Italië
Lucky se geluk draai
Ag dae nadat Koos die hond erg aangerand by 'n plaashek buite Tsumeb opgetel is, is hy by sy nuwe huis verwelkom en sy naam na Lucky verander. Die foto is geneem drie dae nadat Koos by die Tsumeb Veterinary Clinic aangekom het en hy nog baie verward was. By hom is by mnr. Bernard Habeb. Lees meer op bl. 5 . Foto Erika de Jager DM0201900331553
Laai die MyInfo-toep af vir die jongste nuus.
ISSN 1560-9448 JAARGANG 42 NO. 89
Nuus
2-5 | Die Mark
9 | Praat Saam
12 | Sport
18
BESOEK ONS AANLYN by WWW.REPUBLIKEIN.COM.NA
2
Nuus
Republikein
Redakteur
NUUSredakteur
Dani Booysen 081 129 3781 / 061 297 2038 [email protected] Hennie Geldenhuys 061 297 2201 [email protected]
WEER
GenL. Murtala Muhammedrylaan. Posbus 3436, Windhoek ISSN 1560-9448 Tel: 061 297 2000; Faks: 061 223 721
Kontakpersone
BEMARKINGSKOöRDINEERDER
Woensdag 17 April 2019
Ronelle Rademeyer 081 127 8159 / 061 297 2114 [email protected] SWAKOPMUND
Otis Finck 081 299 1211 [email protected] Faks: 064 403 451
e-pos: [email protected]
OSHAKATI
Tel: 065 222 907 Faks: 065 222 898 [email protected]
VOORUITSIGTE
BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees met enkele donderbuie in die Zambezistreek.
SportNuus
Andrew Poolman 081 247 2837 / 061 297 2011 [email protected]
KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke.
VERKOPE EN AFLEWERING Ettienne Kotze 081 244 0928 [email protected] Tel: 061 297 2171
’n Publikasie van NAMIBIA Media Holdings (pty)Ltd, gedruk deur Newsprint Namibia (pty)Ltd.
GETYE BY WALVISBAAI: L 08:07 L 14:25 L 20:19
Gobabis Katima Mulilo Keetmanshoop Mariental Opuwo Oshakati Rundu Walvisbaai Windhoek Luanda Johannesburg Kaapstad
13° 18° 13° 14° 15° 17° 20° 10° 15° 22° 11° 12°
34° 34° 30° 34° 34° 35° 29° 21° 29° 31° 24° 20°
Otavi-kliniek is sonder ’n dokter van bl. 1 Hy het voorgestel die polisie op die dorp gee aan arm inwoners ’n tydlyn waarin hulle die vorm, onderteken deur ’n dokter, kan kry en kan terugbring. “Die ondersoek kan dan intussen begin.” Volgens hom val klagtes in dié verband op dowe ore en is dit reeds verskeie kere by die dorpsraad aangemeld. Hy het voorts verwys na die B1-hoofweg wat verby die dorp loop en al etlike lewens in padongelukke geëis het. “Hier is gereeld ongelukke en ons moet ’n staatsdokter hier hê om te kan help. Intussen sê die ministerie van gesond-
heid en maatskaplike dienste (MoHSS) se waarnemende direkteur van gesondheid vir die Otjozundjpastreek ’n dokter van Otjiwarongo word weekliks na Otavi gestuur om vir ’n dag diens by die kliniek te verrig. Volgens mnr. Samuel Shilikomwenyo word nood- en ernstige gevalle vir die res van die week na Otjiwarongo verwys. Shilikomwenyo sê voorts die kliniek het nie ’n pos vir ’n permanente dokter nie. “Vroeër jare was daar ’n dokter wat hier diens gedoen het, maar geen nuwe persone word meer aangestel nie,” het hy gesê.
Arandis-tragedie: PDM skree moord van bl. 1 Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die hoof van die polisie se skakelafdeling, het gistermiddag gesê verskeie mense is reeds weens die dubbele moord ondervra. Maar, sê hy, daar is nog geen sprake van ’n deurbraak nie. Pres. Hage Geingob het Maandagaand hulde gebring aan Mueller vir sy ruim bydrae tot tegniese opleiding in die land. In ’n verklaring sê Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, die staatshoof het met skok en hartseer van Mueller en Hellwig se dood verneem. Geingob het sy medelye met die naasbestaandes, kollegas en vriende van die mans betuig. Agt leë patroondoppies is Maandagoggend op die toneel gevind. Mueller en Hellwig het weens kop- en maagwonde op die toneel beswyk.
Venaani het gisteroggend gesê dié tipe misdade was tydens die begin van demokratiese Namibië ’n seldsame verskynsel. Deesdae blyk dit aan die orde van die dag te wees, sê hy. Namibiese gesinne word dikwels tydens dié slagtings van hul broodwinners en geliefdes beroof, het hy uitgevaar. Venaani het terselfdertyd gesê hulle kom agter talle hoëprofielmisdade is onopgelos. Onder meer, sê hy, is die geweldenaar(s) wat die negejarige Avihe Cheryl Ujaha in Julie verlede jaar grusaam vermoor en haar lyk opgekap het, steeds nie opgespoor nie. Eweneens bly dit ’n tergende raaisel wie in Februarie 2016 vir mnr. Marius Mostert op die Kupfer bergpad om die lewe gebring het, sê hy. Die Windhoekse skoolmeisie Magdalena Stoffels se verkragting en moord byna nege jaar gelede hang ook steeds in die lug, sê Venaani. Die opposisieleier trek ook te velde teen die beweerde weerhouding van saamgestelde en bygewerkte jaarlikse misdaadstatistiek.
Mnr. McHenry Venaani. FOTO DENVER KISTING
Vroue ondersteun vroue
Me. Eunice Iipinge (links), uitvoerende direkteur van die Pan-African Women’s Organization se kantoor vir die suidelike Afrika-streek (Pawo-Saro), het ’n skenking van N$10 000 aan die ambassadeur van Zimbabwe, me. Rofina Chikava, oorhandig. Die geld is ter ondersteuning van die slagoffers van die sikloon Idai in die Manicalandprovinsie in Zimbabwe. Pawo-Saro sal eersdaags dieselfde bedrag aan Malawi en Mosambiek oorhandig. “Dit is nie ’n groot bedrag nie, maar ons gee dit uit ons hart. Ons is ’n vroue-organisasie en ons het gesien hoe swaar die vroue en kinders ná die sikloon kry. Ons wil help,” het Iipinge gesê. foto tanja bause
»»Beslagleggingsbevel uitgereik
SME Bank: Hoës moet sê ’n Beslagleggingsbevel is uitgereik om die SME Bank se geld te herwin.
››Catherine Sasman
D
ie Zimbabwiërs mnr. Enock Kamushinda en ander topbeamptes deel van die SME Bank het tot 14 Junie om te sê waarom die ad-
junkbalju van die hoërhof nie op sekere van hul bates in Namibië beslag moet lê nie. Dit volg nadat hoërhofregter Collins Parker ’n beslagleggingsbevel uitgereik en gelas het dat beslag gelê kan word op bates wat die voormalige nie-uitvoerende raadslid Kamushinda, die voormalige uitvoerende hoof, mnr. Tawanda Mumvuma, die voormalige finansiële bestuurder, mnr. Joseph Banda, die voormalige administratiewe assistent, mnr. Chiedza Goromonzi, en die prokureur mnr. Lyndon Gaidzanwa in die land agtergelaat het.
Die vyf Zimbabwiërs word gesamentlik en afsonderlik, asook “tesame met enige ander oortreders” vir N$347 miljoen plus 20% per jaar gedagvaar en wat vir die SME Bank verlore is. Die bates sluit in Kamushimba se lidmaatskap in Monsoon Investments CC, Mid-Way Properties CC en Azores Business Consultants CC, sowel as sy gewone aandele in Greytal Investments (Pty) Ltd en Axtro Investments (Pty) Ltd. Dit sluit ook in Kamushinda se huis in die Windhoek Golf Estate, Banda se eiendom in
Guinas Court, vier pare skoene en ‘n leergebinde dagboek wat Gaidzanwa in haar kantoor by die SME Bank agtergelaat het, N$2 200 en drie boeke wat op Mumvuma se lessenaar by die bank gevind is, sowel as Gaidzanwa se lidmaatskap in Flem Capital Investments CC. Die N$2 200 wat in Mumvuma se lessenaar gevind is, was kontant in Suid-Afrikaanse rand. Die drie boeke se titels is Every day a Friday, Fasting – Opening the Door to a Deeper, More Intimate, More Powerful Relationship with God en Money Laundering affects Us All. DM0201900332366
DM0201900332632 OO
The roof specialist in designing, manufacturing and installation. Contact us: Kobus Bergh – 081 887 4449 [email protected] H Bergh – 062 – 50 22 66 / 061 30 44 76 / 081 252 8509 [email protected]
Easter Special Nguni Skins for only N$ 2500.00 Available at all Nakara Outlets. Valid from 8th April until 22nd April 2019 Or while stocks last!
Nuus
Republikein
Woensdag 17 April 2019
»»Staar uitsetting in die gesig
Polisie steel glo duisende
Kombatters betoog teen Katti Inwoners van huise dring aan op dokumentêre bewyse van nuwe eienaarskap.
››Catherine Sasman
I
nwoners van Kombat het Saterdag op dié nedersetting teen die verhoogde huurbedrae op hul huise betoog. Dit is deur die eiendombestuursmaatskappy, Kombat Village Properties, namens mnr. Knowledge Katti ingestel. Inwoners sê hulle word nou gedwing om die huise waarin hulle woon, te huur ofskoon baie van hulle die huise al sedert die vroeër 2000’s afbetaal en onder die indruk verkeer dit behoort aan hulle. Hulle voer aan dit is die geval nadat Katti die nedersetting sowat drie jaar gelede gekoop het. Van hulle was verlede week in Windhoek om met prokureurs te konsulteer oor die huise wat hulle sê hulle die titelaktes kan toon. Hulle het dit by die vorige eienaar, Ongopolo Mining and Processing, gekoop.
Dié gebeure volg nadat Kombat Village Properties die inwoners in Oktober verlede jaar in kennis gestel het die nuwe huurooreenkomste sal ingestel word “in pas met die voorneme om Kombat in ’n volhoubare dorp te omskep”. Die ooreenkomste het in November verlede jaar in werking getree en die bedrag beloop N$2 750, water en elektrisiteit uitgesluit. Baie van die inwoners weier om die ooreenkomste te onderteken en voer aan die verhoging is “reus agtig”. Kombat Village Properties sê diegene wat nie in staat is om die huur te betaal nie, sal genoodsaak wees om alternatiewe blyplek te soek. “Hulle dreig en beledig ons. Hulle gryp ons huise. Ons is nie gelukkig nie en wys ons is woedend,” sê een van die inwoners, me. Magdalena Petrus. Sy sê baie voorvalle van intimidasie is reeds by die polisie op Kombat aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie. ’n Ander inwoner, me. Johanna Shilongo, sê sy en omtrent 50 ander
mense betaal sedert 2002 hul huise af. Sy sê sy het in 1995 by Tsumeb Corporation Limited (TCL) se kopermyn begin werk, wat in 1999 deur Ongopolo gekoop is. In daardie tyd het werknemers net huur en elektrisiteit betaal, water was gratis, sê sy. In 2001 het Ongopolo ’n kennisgewing uitgereik en werknemers ingelig die huise word verkoop en hulle het eerste opsie. Shilongo sê in daardie stadium is die transaksies nie beklink nie, want die voormalige goewerneur van Otjozondjupa, mnr. Theophelus Eiseb en die Otavi-streekraadslid, mnr. Bartholomeus Shagheta, het aanbeveel Kombat moet eers geproklameer word. Dit is toe in Mei 2006 tot ’n woonbuurt verklaar wat uit 279 erwe bestaan waarvan sommige as staatseiendom gereserveer is. In Augustus daardie jaar is dit tot ’n nedersetting onder die bestuur van die Otjozondjupa-streekraad verklaar. Weatherly International Plc het Kombat in daardie jaar oorgeneem,
Kombat se inwoners betoog die afgelope naweek teen mnr. Knowledge Katti. Foto Verskaf
3
››Denver Kisting
met sake wat sedertdien weer verTwee polisiebeamptes wat hulleself ander het. “Ons betaal nou die mense wat vir glo gehelp het aan gesteelde geld, is Katti werk. Ons is nie gelukkg nie, onlangs borgtog geweier. want hy het in 2015 of 2016 gekom Konstabels Johnson Tjenda en en gesê hy het die dorp gekoop. Ons Shaleene van Wyk het Vrydag in betwis dit,” sê Shilongo. die landdroshof op Okahandja hul Katti se prokureur, mnr. Elia eerste verskyning gemaak. Shikongo, het by navraag gesê Dít kom nadat hulle onderskeidie oordrag het delik Donderdag en Vrydag sowat drie tot in hegtenis geneem is. vier jaar gelede Die twee junior begeskied. amptes het glo Hy kon nie sê munt geslaan toe TASTIC RICE hoeveel Katti vir hulle betrokke 2 KG Kombat betaal was by die inheg99 het nie, behalwe tenisneming om te noem dit van ’n veiligwas ’n “rugheidswag wat aan-rug- tranluidens ’n NOLA OIL 750ml saksie waarin Nampa-be99 die waarde in rig met nanatura (in genoeg MINCE BEEF LEAN goedere) uitN$310 000 gereik is”. die hasepad 99 S h i l o n g o gekies het. Per kg meen die Die man moes gerugte dat glo die geld, Katti Kombat wat aan ’n vul gekoop het, is stasie op die verwarrend en tuindorp behoort, voeg by die geby ’n plaaslike hanmeenskap dring aan delsbank gaan depoop dokumentêre bewyse neer het. van dié transaksie. In plaas daarvan het hy “Ons verstaan nie hoe kon Kombat toe na bewering verlede Maandag aan ’n privaat persoon verkoop word met die kontant in ’n taxi op die vlug as ander mense hier woon nie. Ons geslaan. wil van die regering weet hoe dit Hy het na verneem word by ’n padgebeur het,” sê die bejaarde mnr. blokkade tussen Okahandja en Ernst Mburuu. Karibib sy rieme styfgeloop. Hy sê inwoners het reeds talle Voor die twee polisiebeamptes self briewe aan die huidige goewereinde verlede week in aanhouding neur, mnr. Otto Iipinge, en raads beland het, is geglo slegs N$147 000 lede gestuur om in te gryp, maar dit van die aanvanklik verdwene geld is was sonder enige sukses. teruggevind. “Hoekom raak die regering nie beDit het sedertdien op die lappe trokke nie? Hulle hoor wat besig is gekom dat hulle na bewering die om op Kombat te gebeur, maar traak verskil in hul eie sakke gesteek het. nie ’n duit nie. Niemand kom om na ’n Polisiebron op Okahandja het oor ons te luister nie,” sê Mburuu. die naweek Republikein se aandag Shikongo sê net twee of drie mense op die jongste kinkel in die kabel het verkoopsooreenkomste vir gevestig. die huise waarin hulle woon. Die Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die ander het nog altyd net huur betaal. nasionale polisiewoordvoerder, het Hy sê baie weier om huur te betaal Maandag by navraag die voorval en moedig ander aan om hul voorbevestig. beeld te volg. Tjenda het Vrydag aangedui hy wil Volgens Shikongo is die bewys van sy eie verdediging behartig terwyl nuwe eienaarskap van die nedersetVan Wyk gesê het sy sal om regshulp ting aan hulle getoon, en voeg by dié aansoek doen. kwessie word as verskoning aanMe. Veruka Ngembo het namens die gevoer vir waarom hulle nie huur staat suksesvol borgtog teengestaan. betaal nie. Hy sê 15 uitsettings Die twee polisiebeamptes moet weer bevele is reeds uitgereik, terwyl op 14 Mei vanjaar in die landdroshof ander kennisgewings ontvang het verskyn. om te betaal, of ook uitgesit te word.
N$26
N$14
N$79
DM0201900331154
4
nuus
»»Finansiering van N$24 miljoen
Republikein
Woensdag 17 April 2019
Afgetrede skoolhoof gegroet met optog ››Henriette Lamprecht
Me. Anne-Marie Nitschke (direkteur: spesiale programme), mnr. Benjamin Nangombe (uitvoerende direkteur: ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste), dr. Kalumbi Shangula (minister), me. Lisa Johnson (Amerikaanse ambassadeur in Namibië) en dr. Eric Dziuban. FOTO VERSKAF
Nuwe plan vir vigs ’n Nuwe bedryfsplan met die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming sal die ministerie van gesondheid op verskeie vlakke help.
››Henriette Lamprecht
T
ien persent van Namibiërs leef met MIV, met ’n voortdurende behoefte om dienste vir die toets van die siekte te verhoog. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sal ’n nuwe bedryfsplan met die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voor koming (CDC) die ministerie help om onder meer bewysgebaseerde strate gieë te implementeer om juis bevol kings soos jong mans en vroue sowel as ouer mans vir toetsing en behan deling te teiken. Die ministerie en
die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, het van deesweek ’n nuwe vyfjaar-samewer kingsooreenkoms met die sentrums onderteken. Volgens Shangula sal die finansiering Namibië help om teikens vir die voorkoming en behandeling van MIV/vigs deur Unaids, sowel as dié van die Nasionale S trategiese Raamwerk te verwesenlik. “Dit het op die regte tyd gekom en sal aan die ministerie die geleent heid bied om onder meer omvatten de voorkomingsdienste waaronder manlike besnydenis te bied, strategieë vir die toets van mans, tienermeisies en ander weerlose bevolkingsgroepe te implementeer, sowel as gemeen skapsgebaseerde anti-retrovirale terapiedienste te versterk. Gebaseer op die huidige finan sieringsiklus sal Namibië N$24,4 miljoen vir die tydperk April tot Sep tember 2019 ontvang.
Die Sekondêre Skool Paresis op Otjiwarongo het van ’n orkes en erewag tot baniere tydens ’n spesiale optog deur die dorp se strate ingespan om hul skoolhoof te groet wat einde vandeesmaand aftree. Mnr. Naas Jacobs het reeds in 1985 as onderwyser by die skool ingeval wat ook toe sy deure geopen het. Jacobs het geogra fie en wetenskap gegee en het sedert 1993 die amp van skool hoof beklee. Leerlinge en onder wysers het saamgespan om hom ’n spesiale afskeid vir soveel jaar se onbaatsugtige diens te gee. Die spesiale afskeid het ’n optog deur die strate van Otjiwarongo onder die leiding van ’n weermagorkes ingesluit, met leerlinge wat met baniere en plakkate gewys het
Leerlinge het met ’n spesiale banier deur die strate gestap. FOTO’s VERSKAF hoeveel hy vir hulle beteken het. Die spesiale optog is afgesluit met die sny van ’n spesiale verjaardag koek in die vorm van die syfers 60, terwyl ’n spesiale ete ook die aand vir hom gehou is.
Jacobs, ’n groot visser- en na tuurman, beplan om met sy nuwe begin baie tyd langs die viswa ters te bestee en ook sy lyf boer te hou op ’n plaas wat hy en sy vrou, Kobie, buite die dorp huur.
Mnr. Naas Jacobs saam met personeel en die spesiale koek wat vir sy 60ste verjaardag gebak is. DM0201900332022
nuus
Republikein
Woensdag 17 April 2019
5
Koos word Lucky
»»‘Ergste dieremishandeling ooit’
Die DBV het Koos na die Tsumeb eterinary Clinic geneem waar dr. V Erika de Jager hom behandel het. “Dit is die ergste geval van dieremishandeling wat ek nog in my lewe gesien het,” het De Jager gesê. “Hy het aanvanklik nie mense Tanja Bause vertrou nie en wou glad nie hê jy moet p 8 April omstreeks 06:30 het aan sy kop vat nie. Maar wanneer hy me. Trudie Coetzer en haar na ’n mens toe aangekom het, het hy seun Jaco by hul plaashek net sy stert geswaai,” het sy gesê. buite Tsumeb uitgery en ’n gruwelike “Ons het die wonde op sy kop toeontdekking gemaak. gewerk en hom versorg. Hy het die “Die gras by die hek is baie lank. tweede dag in ons sorg begin vreet Jaco, wat die hek geopen het, het gesê en hy is agt dae nadat hy gevind is daar lê ’n hond in die gras. Ek na ’n liefdevolle huis toe. Havehet uitgeklim a-Heart het vir sy regmaak en my maag betaal. Hy is ingeënt en ontwurm. Ek is het gedraai baie bly dat dinge toe ek die WALDSCHMIDT so goed vir hom hond sien. Ek EGGS geëindig het,” het het onmiddellik 18'S LARGE De Jager gesê. vir Koos (haar 99 Volgens man) by die Trudie het huis gebel en gesê hy moet sy “elke dag die hond kom gebel om te help. Ek kon hoor hoe dit nie glo dat met hom gaan en gaan mense so kuier, veral wreed kan WHISKEY JAMESON as dit koswees nie,” 750ML BOTTLE geetyd was, het Trudie 99 gesê. sodat hy aan Mnr. Koos my gewoond raak. Maandag Coetzer het het ek hom gaan gekom en die hond gehelp wat haal en huis toe toe na die Dieregevat,” het sy gesê. “Ek noem hom nou beskermingsvereniLucky. Lucky soek baie ging (DBV) op Tsumeb geneem is. aandag en liefde. Wanneer Koos, soos die DBV die hond gedoop jy hom roep, kom hy met ’n stert wat het, was erg mishandel. Hy het oop waai aangestap, en druk sy kop teen wonde aan sy kop gehad waar hy my been. Hy het nou ’n plaas waarop oor ’n geruime tydperk met stokke hy kan rondhardloop en hy kry baie geslaan is. Sy bek was met ’n tou toe- liefde,” het sy gesê. Volgens ’n media gebind. Die tou was so styf om sy bek verklaring uitgereik deur Annie’s dat die bloedtoevoer na sy lippe en Animal Legal Fund, DBV Namibië tong beperk was. Die tou waarmee hy en DBV Tsumeb is dit die ergste geval waarskynlik vir lank gewurg is, was van dieremishandeling wat nog by die nog om sy nek gebind. Hy was ook DBV in Tsumeb aangemeld is. erg gedehidreer. “Ongelukkig is Koos een van baie
’n Erg mishandelde hond is danksy verskeie weldoeners gered en sterk goed in sy nuwe tuiste aan.
››
O
N$39
N$279
Me. Trudie Coetzer die nuwe eienaar van Lucky, dr. Blessing Muza en mnr. Bernard Habeb van die Tsumeb Veterinary Clinic net voor hy huis toe gegaan het. Foto Erika de Jager diere wat hierdie lot deel. Diere word as eiendom in terme van Namibiese wetgewing beskou en het nie inherente regte nie. Die uitgangspunt van die reg is dat ’n eienaar sy eiendom kan hanteer soos hy dit goed vind.
Erika de Jager veearts
“Dit is die ergste geval van dieremishandeling wat ek nog in my lewe gesien het.” “Hierteenoor maak die Dierebe skermingswet, No. 71 van 1962, voorsiening vir die welsyn van diere, en sekere gedrag teenoor diere is oortredings. Die probleem is dat die Dierebeskermingswet in 1962 afgekondig is en sedertdien nooit hersien of opgedateer is nie,” lui die verklaring. “Ingevolge die wet is die maksimum straf ’n boete van hoogstens N$200 of, indien ’n persoon versuim om
Koos soos hy op 8 April by ’n plaashek buite Tsumeb gevind is. Foto verskaf die boete te betaal, gevangenisstraf vir ’n maksimum tydperk van ses maande. Dit dien nie as afskrikmiddel vir moontlike misbruik nie en bied feitlik geen beskerming vir diere nie. “Annie’s Animal Legal Fund, DBV Namibië en DBV Tsumeb vra vir ’n wysiging van die wetgewing. Ons werk daaraan om wetgewing in Namibië te ontwikkel wat beter beskerming aan diere bied, en ons benodig geld. “Ons doen ’n beroep op lede van die publiek om solidariteit met Koos en
die #Justice4Koos-veldtog te toon. Neem ’n foto van jouself met ’n tou, serp of band oor jou mond, met ’n teken wat sê #Justice4Koos. Plaas dit in die sosiale media met ’n belofte aan hierdie veldtog, en om vriende, familie of ander besighede aan te moedig of uit te daag om dieselfde te doen,” lui die verklaring. Mense wat donasies wil maak, kan die DVB by 061 238 654 of vir me. Ronel Lewies van Annie’s Animal Legal Fund by 081 126 0224 skakel. DM0201900333232
8
lesersfoto’s
Republikein
Lesersfoto’s
Woensdag 17 April 2019
Stuur ook jou foto’s na: [email protected]
Lesers word versoek om ie d foto's in 15 cm grootte 10 x OF en dpi 300 n e 20 x 30 cm te 0 0 dpi 2 stuur.
Drie generasies: “Dit is ouma Joeye Mowes van Kalkfeld en haar nageslag,” sê Sustertjie Bock.
Lekker baljaar: “My dogtertjie Layla Kotze (7) en haar niggie Peylon Carolus (4). Die twee niggies het klaar in die see baljaar nou bak hulle lekker in die son op Langstrand,” sê Adriaana Kotze.
Oeroud: “Ek het die foto van die mummie-ystervark in die Arnhemgrotte geneem,” sê Piet van Rooyen.
Vakansie: Ulrica, Sherinda, Milain, Evy en Mary geniet die sons ondergang by Mount Etjo Safari Lodge.
Veels geluk: “Hailey ge niet haar verjaardag op die 28ste Februarie,” sê mamma Samantha Feris.
Familie: Die foto van die ouma saam met haar kleinkinders in hakweenyanga is per WhatsApp ontvang. O
Koud: “Dit is lekker in die sneeu ná ‘n sneeustorm in Casper, Wyoming,” sê Sharneen Gordon.
Noorderlig Jou streek. Jou taal. Jou koerant.
Vieringe: “Die dames van Bank Windhoek het Internasionale Vroue dag gevier,” sê Lucille Thompson.
Die volgende Noorderlig word 30 April 2019 gepubliseer en landwyd versprei in die Republikein. Noorderlig fokus op gemeenskapsnuus van die sentraal-noordelike streek. Kom deel met ons lesers regoor Namibië die dienste en produkte wat jou onderneming bied.
Praat met ons!
Nuus: FrANcoise steyNberg 081 144 2678 [email protected]
Advertensies: Lou-MArie JorDAAN 081 128 5982 [email protected]
Die Mark
Republikein
Woensdag 17 April 2019
Die Mark
[email protected]
Indekse
Wisselkoerse
jse alle indeks dow jones industrieel ftse alle indeks
58 883,51 26 412,58 7 471,28
Dinsdag 16 April 2019
9
Bron: Fin24
meer inligting in market watch
us dollar/nad sterling/nad euro/nad us dollar/yuan
14,08 18,39 15,91 6,71
Krakers slaan toe op Microsoft se e-posgebruikers
bladsy
10
»»Ekonomie meer kwesbaar en sensitief
SA huishoudings byna ‘R500 mjd. armer’
Kenners meen medisyne is te duur in Suid-Afrika. Foto Netwerk24
Prys van medisyne plaas druk op fondse, pasiënte ››Hanlie Stadler
Nuwe medisyne wat tot R1 miljoen per pasiënt per jaar kos, plaas onbillike druk op SuidAfrika se mediese fondse. Dis dalk tyd om nuwe planne te maak om medisyne bekostigbaarder te maak, reken kenners. Die onderwerp oor hoe medisynepryse gereguleer moet word, is aangeroer op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se forum oor billike medisynepryse, wat verlede week tot Saterdag in Johannesburg gehou is. Dit het wêreldwye belanghebbendes – regering, reguleerders in die gesondheid sektor, nieregeringsorganisasies, mediese versekeraars en natuurlik farmaseutiese maatskappye – saamgetrek. Dis die tweede forum oor billike pryse; die eerste is twee jaar gelede in Amsterdam, Nederland, gehou. ’n Ondersoek wat die WGO in 2017 laat doen het, wys dat die produksiekoste van die meeste noodsaaklike medisynes net ’n fraksie is van die finale prys wat regerings, pasiënte of mediese skemas betaal. Meer as 100 miljoen mense wêreldwyd verval elke jaar in armoede omdat hulle uit hul eie sak vir lewensnoodsaaklike me-
disyne moet betaal, volgens ’n nuusverklaring wat WGO Sater dag met die afsluiting van die forum uitgereik het. Selfs in welvarende lande met ’n nasionale gesondheidstelsel word pasiënte al hoe meer gerantsoeneer vir die behandeling van onder meer kanker, hepatitis C en rare siektes.
GEBREK AAN DEURSIGTIGHEID
Afgevaardigdes was bekommerd oor die gebrek aan deursigtigheid oor hoe farmaseutiese maatskappye hul pryse vasstel, luidens die verklaring. Daar is die gevoel dat groter deursigtigheid oor die koste van navorsing en ontwikkeling, sowel as produksiekoste, grootmaataankopers van medisyne sal help om billiker pryse te beding. “Mediese innovasie het weinig maatskaplike waarde as die meeste mense nie toegang het tot die voordele nie,” sê dr. Mariângela Simão, die WGO se assistent-direkteur-generaal vir medisyne en gesondheidsprodukte in ’n verklaring. “Dis ’n wêreldwye menseregte-vraagstuk – almal het die reg tot toegang tot goeie gesondheid sorg.” Een ooglopende teenstrydigheid is dat medisynepryse wissel van – Netwerk24 land tot land.
Volgens ’n navorser en ekonoom van Momentum se verbruikers afdeling meet hulle die balans staat van huishoudings deur hul skuld van hul bates af te trek om hul welvaart te bepaal.
››Nellie Brand-Jonker
Navorsing van die Universiteit van SuidAfrika en Momentum wys dat 2018 Suid- Afrikaners se koopkrag behoorlik in die wiele in gery het. Foto Netwerk24
V
erlede jaar was ’n verwoestende jaar vir huishoudings in Suid-Afrika, waarin hulle byna R500 miljard armer geword het. Dít is die bevinding van navorsing oor die welvaart van huishoudings wat deur die Universiteit van SuidAfrika en Momentum gedoen is. Volgens Johann van Tonder, navorser en ekonoom van die verbruikersafdeling van Momentum, meet hulle die balansstaat van huishoudings deur hul skuld van hul bates af te trek om hul welvaart te bepaal. Die impak van inflasie word dan afgetrek sodat die netto welvaart in reële terme gekry kan word – of anders gestel, die koopkrag van die gesin. Volgens hom het Suid-Afrikaanse huishoudings in die vierde kwartaal van verlede jaar R449,8 miljard minder koopkrag gehad as in die ooreenstemmende kwartaal in 2017. “Dit is die grootste daling in huishoudings se reële netto welvaart sedert die resessie van 2009,” sê Van Tonder. Die daling is grootliks veroorsaak deur die skerp daling van R428,6 miljard in die waarde van hul bates. Die bates wat ingesluit word in die navorsing is grootliks die geld wat mense vir hul aftrede spaar in pensioenfondse. Boonop het uitstaande skuld met sowat R21,2 miljard toegeneem. Volgens Van Tonder toon die daling in die bates hoe kwesbaar die ekonomie en markte is vir negatiewe binne
landse en internasionale gebeure. Die waarde van die bates in pensioenfondse het gedaal omdat aandeelpryse gedaal het.
Johann van Tonder Navorser en ekonoom
“Die ekonomie gaan meer kwesbaar en sensitief word vir negatiewe skokke en dit gaan weer veroorsaak dat huishoudings armer word.” Dit is toegeskryf aan binnelandse faktore soos swak ekonomiese groei, hernude beurtkrag in die vierde kwartaal, beleggers se vrese oor grondonteiening sonder vergoeding en die indruk dat die Reserwebank se onafhanklikheid in gevaar is, die inflasiekoers en stygende staat skuld.
HANDELSOORLOG
Internasionale faktore wat bygedra het, is die handelsoorlog tussen Amerika en China en ander politieke gebeure soos Brexit. “Die daling in huishoudings se welvaart is kommerwekkend omdat dit weer lei tot stadiger ekonomiese groei en werkskepping.” Van Tonder sê in ’n verklaring dit vergroot die kans dat die middelklas nie genoeg geld gaan hê om ’n aanvaarbare lewenspeil met aftrede te behou nie. “Die ekonomie gaan meer kwesbaar en sensitief word vir negatiewe skokke en dit gaan weer veroorsaak dat huishoudings armer word.” Momentum en Unisa het op grond van inligting wat die Reserwebank uitreik geraam die reële waarde van huishoudings se netto welvaart het in die vierde kwartaal van verlede jaar R6 882,5 miljard beloop – dieselfde vlak as waarop dit vier jaar gelede was. Volgens hom is die situasie nog erger as huishoudings se netto waarde as ’n persentasie van hul bruto inkomste uitgedruk word. Dié verhouding is nou op dieselfde vlak as in die eerste kwartaal van 2012. – Netwerk24 DM0201900331782
PwC Business School Venue Hire The Minister of Finance said that some tax proposals made last year could have had unintended negative consequences and to avoid slowing the economic recovery through additional taxes, the Government has decided to reverse the proposed tax rate increases and non-deductibility criteria for some of the headline tax categories. Website: www.pwc.com/na/budget
PwC Business School offers Venue hire facilities for trainings, conferences and/or workshops. For viewings of the venue and quotations or more information, please contact us. Email: [email protected]
10 die mark DM0201900331259
Republikein
Woensdag 17 April 2019
Krakers slaan toe op Microsoft se e-posgebruikers
»»Kan ’n massiewe boete kry Kuberkrakers het toegang tot gebruikers se inligting gekry deur ’n agent van Microsoft se kliëntediensafdeling se rekening te kraak.
››Petrus Malherbe
M
icrosoft het bevestig ’n “beperkte aantal” gebruikers van sy e-posdienste se rekeninge is deur kuberkrakers binnegedring. Dit sluit in persone met ’n @msn.com-, @outlook.com- en @hotmail.com-eposadres. Kuberkrakers het toegang tot gebruikers se inligting gekry deur ’n agent van Microsoft se kliëntediens afdeling se rekening te kraak. Microsoft sê hy is nie seker watter data die kuberkrakers gesien het of wat hulle daarmee gemaak het nie, maar hy raai almal wat geraak is aan om hul wag woorde te wysig. Volgens ’n e-pos wat Microsoft aan gebruikers gestuur het oor die voorval, het kuberkrakers moontlik toegang gehad tot ’n verskeidenheid persoonlike inligting, insluitend mense se e-posadresse, sowel as die adresse van mense met wie hulle gereeld korrespondeer. Die krakers het wel nie toegang gehad tot aanhangsels aan e-posse of enige aanmeldbesonderhede nie, berig Tech Crunch. Microsoft het die kuberkrakers intussen in hul spore gestuit en die rekeninge is weer beveilig, hoewel die maatskappy gebruikers aanraai om maar steeds ’n nuwe wagwoord te kies.
Foto Netwerk24/Getty Images
GEMORSPOS
Die maatskappy sê in ’n verklaring hy vermoed die kuberkrakers gaan die inligting gebruik om gemorspos aan meer mense te stuur danksy al die e-posadresse wat tydens die aanval bekom is. “Wees daarom op die uitkyk vir e-posse van misleidende domeinname of e-posse wat betaling of ander persoonlike inligting vra,” waarsku Microsoft. Dit is nog nie bekend in watter land die aanval plaasgevind het of waar diegene wat geraak is, woon nie. Sou die gebruikers in Europa woon, beteken dit Microsoft kan vervolg word onder die Europese Unie se nuwe databeskermingswette wat in Mei verlede jaar in werking getree het. Microsoft kan ’n massiewe boete opgelê word sou owerhede in die EU bevind die maatskappy het nie genoeg gedoen om gebruikers se persoonlike inligting teen die lang vingers van kuberkrakers te beskerm nie. Volgens Microsoft het die aanval tussen 1 Januarie en 28 Maart plaasgevind. Die maatskappy het eers daarna daarvan bewus geword en die verdere uitbuiting van gebruikers se data gekeer.
– Netwerk24
DM0201900333214
Problem 15 Biscuit breaking in your tea
Your mind wandered for a split second and now half your biscuit is sinking into the dark depths of your tea cup. Hope you like mush.
Ja, life ain’t easy, but with affordable Life cover from Hollard MyLife, at least the important stuff is taken care of. Enjoy a host of benefits, such as: • • • • •
Cashback Benefit: Pays back 20% of your premiums after 5 years Free Family Funeral Benefit: Automatically included Funeral cover for you, your partner and your children Children’s Severe Illness Benefit: Automatically included cover in case of diagnosis with a specific illness Early Cancer Cover: In the event of the early diagnosis of cancers Interim Accident Benefit: Automatically included cover whilst your MyLife application is being processed
It’s an offering so simple, so comprehensive, so good, you’ll forget all about the drowned biscuit. Speak to your Financial Advisor today. Ts & Cs apply.
I AM THE FUTURE
12 praat saam
Republikein
Praat saam DIE REDAKTEUR
Woensdag 17 April 2019
[email protected]
SPOTPRENT
DIGITAAL Jou kode vir toegang tot ons webwerf:
3707
Skandeer om te volg
Dani Booysen
Bloedbad Maandag moet vir alle Nami biërs – nie net die wat die nuus volg nie – ‘n hernude wakker skud wees oor hoe ons land oënskynlik nie ‘n groeiende golf van ernstige geweldsmisdaad en ander onnatuurlike sterftes onder beheer kan bring nie. ‘n Dubbele moord op Arandis waartydens twee mans wat diep spore in tegniese opleiding getrap het koelbloedig afge maai is, het skokgolwe deur die hele land gestuur. Met die skrywe hiervan was daar nog geen aanduiding oor die motief vir die laakbare daad nie. Die polisie moet so gou moontlik die raaiselagtige tragedie oplos. Namibië moenie net ween oor die heengaan van mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig nie, maar ook oor me. Merentha Geingos, ‘n laerskoolonder wyseres wat wreed deur haar man, ook ‘n laerskoolonderwys, vermoor is. En oor drie skoolmeisies wat op Aranos verkrag is. Die babaseuntjie wat met ‘n baksteen in ‘n kanaal naby Oshiputusheendjamba gegooi is. Die vier maande oue baba wat op Keetmanshoop byna deur ‘n oudpolisieman vermoor is. Selfs oor hoekom mnr. Reinhold Namupala, ‘n senior bestuurder by Staatshuis, sy eie lewe ge neem het – al weet ons nog nie presies wat sy redes was nie. En oor al die naamlose slag offers van wie ons nie eens weet nie. Misdaad is nie ‘n kwessie van kleur of ras nie – tensy dit later in ‘n verhoor bewys word. Om deur brille na misdaad te kyk, verwring werklikhede. Mense se lewens en hul veilig heid kan nie só min werd wees in ons land nie.
Wil jy reageer? [email protected]
Sluit aan op WhatsApp. Stoor ons nommer, stuur jou foto’s, nuus en menings en ontvang nuusbrekers.
081 170 0010
SMS'e Namibiërs, kom ons staan saam en soek die lafaard wat die sluipmoord op Eckhart Mueller en Heimo Hell wig van NIMT gepleeg het. Hulle het goeie vakmanne met hoë standaarde opgelei. Nimt is die beste opleiding fasiliteit in Namibië. Ek het nie vir wyle mnr. Eckhart Muellerpersoonlik geken nie, maar het jare gelede hom dikwels in verskeie onderwysforums hoor optree. Hy was altyd só begeesterd en passievol oor die feit dat opvoeding – spe sifiek ook beroeps opleiding – mense se lewe drasties kan verbeter. Mag hy en mnr. Hellwig in vrede rus. Ek sal graag behoorlike hulde blyke oor hulle wil lees. Vriende en kollegas, vertel ons meer. Medelye aan alle familielede.
die invloed van drank. Indien die persoon nugter was, moet hy in elk geval op ’n veilige plek bewaar word met geen groter uitdaging as ’n gewone kruiwa nie. Die Founding Concerned Group is nou in beheer van Nam rugby. Los hulle uit! Phil Davies en sy afrigtingspan was nooit ’n probleem vir ons rugby nie. Die gekarring van onbeholpe en ondeurdagte administrateurs wel.
“. . . ko m ons st aan saam . . .”
Of dit ’n roltrap (Maerua Mall) of ’n hysbak (Iyambo) is, is die bedoeling nie dat dit die bevolking ’n maagpyn moes gee nie. Dit moet ons net by ’n bestemming besorg. Asseblief, doen iets! – Pietrossie "'Dronk' bestuurder maak noodlotti ge ongeluk": Dankie taxidrywer, ons het meer landsburgers soos u nodig. Volpunte vir die taxibestuurder wat die vlugtende bestuurder gevang het na dié se noodlottige ongeluk skynbaar of vermoedelik weens
So jy kan maar net jou geheuestokkie uitpluk en niks sal gebeur nie? Ek verskil van die artikel gister in Republikein. Die ge heuestokkie kry sy krag deur die USB port. As jy nie die krag afhaal van die USB port af deur die “Safe to Remove” opsie nie, kan jy die USB port en die geheuestokkie beskadig. Dit het nooit net oor datakorrupsie op die geheuestokkie gegaan nie. Geheuestokkies is ’n tydelike stoor medium wat ook korrup kan raak as dit aan sterk elektriese en magnetiese velde blootgestel sou word.
Versekering: Ek was vir tien jaar by julle, maar nou dat my kar gestamp is en omdat ek 'n pensioenaris is, moet ek eers 'n bybetaling doen, voor daar enigiets gedoen word. Nee, dit werk nie so nie, hoor! Ek vergaap my al hoe meer aan wat mense bereid is om op Facebook kwyt te raak. Sit dit af, sit dit af!?
The devastation at Notre Dame is a tragedy for the whole world TV and cable stations interrupted their regular programming to broad cast hours-long nonstop coverage of the carnage. In a cruel irony of timing, the disaster took place just days before two of the most important observances on the Christian calendar: Good Friday and Easter. The only saving grace: No one appeared to have been injured inside the church, which was quickly evacuated.
Wanneer word die viskwota-aansoeke afgehandel en gepubliseer? Ons het companies gestig met moeite en kry briewe van Social Security en finan sies (SMS’e). Of word daar gewag tot voor die verkiesing? – Inwoner van Keetmanshoop Met verwysing na die wit mossies. Hier in Walvisbaai het ons nou al 'n paar geslagte wit en amper wit mos sies in ons tuin gesien. Die kleintjies lyk soos katoenbolletjies. Te pragtig. Dit is gewone mossies met 'n geen wat die ligte kleur veroorsaak. Dit is nie albinisme nie. – Didi Kruger
But the cathedral, which survived desecration and looting during the French Revolution, has been serious ly damaged. Though the structure will survive, it likely will be imposs ible to rebuild exactly as it was. To Parisians, it was the great en during symbol of their city’s history. But Notre Dame belongs to the entire world — and now one of its greatest treasures has suffered unthinkable damage. • NEW YORK POST
Briewe Coronation is still born and void
PHIL YA NANGOLOH WRITES: The purported coronation last Sunday (April 14 2019) of Ondonga Crown Prince Konis Eino Kalenga as new Ondonga king is dead upon arrival. Here’s why and how: Independent Namibia is a State governed in accordance with the principles of: (1) democracy; (2) the rule of law, and (3) justice for all (see Article 1(1) of Namibian Constitution. All nominations, appointments and designations of all and any head of a traditional community are carried out in accordance with the Traditional Authorities Act (Act 25 of 2000). According to Sections 1 (“definitions”) and 14(a) this Act and the Constitution override all and any other customary laws, customs, norms, practices or usages of any traditional community, and this includes those of the Ondonga Tradi na bl. 13 tional Community.
SMS 51500 Ons kla vir maande oor diere op die B3-roete om Karasburg. By die polisie, verkeer, Roads Authority, die Town Council. Ongelukke het ook al gebeur die afgelope 2 maande waarin diere betrokke was rondom die dorp. Maar daar word net een voudig niks daaraan gedoen deur die owerhede nie!
BYBELSE WYSHEID
Só sê ANDER: 16 april 2019 Throughout the world Monday, millionswatched in uncomprehend ing horror as one of the world’s most magnificent structures was engulfed in flames. Paris’ iconic Cathedral of Notre Dame, built over the course of more than a century, beginning in 1163, has been justly celebrated for its awesome beauty: its towering spire, stained-glass windows and rainspout gargoyles, much of which now lies in ruins.
WhatsApp
1 KORINTHIËRS 15:50 – 52 Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie. Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word. By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opge wek word, en ons sal verander word.
Sit LESERS vooraan jou mening of nuuswenk en stuur aan ons. (N$3 per SMS van 160 karakters) Beste lesers, keuring vir publikasie van SMS’e, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagte oor die diens van private besighede word eers aan die onder neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers verteen woordig nie noodwendig die stand punt van Republikein of NMH nie.
Republikein is ’n lid van die Redak teursforum. Die media-instelling onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die:
praat saam
Republikein
Woensdag 17 April 2019
13 Rubriek
Alles ruik tog so bekend
Onderwys Skoolrade Godfrey Kleinhans
BROOS EN UITSIGLOOS SKRYF:
En in onse straat gebeur dit gereeld. Vanoggend (Maandag) het dit nog dieselfde gelyk, hoewel die riool darem nie meer sigbaar uit die mangat bo in die singel geborrel het nie. Dalk kan City of Windhoek darem net vir ons en die bure vertel hoekom die verstopping aanmekaar terugkeer, as hulle dit nie kan loswikkel nie. Dan
Briewe
runs counter to Article 10 of the Constitution is ipso facto void and or ceases to exist. Article 10 prohibits discrimination and or distinction of any kind such as race, color, sex, language, religion, political or other opinion, national or social origin, property, birth or other status. This then means that, simple because Crown Prince Shuumbwa II is younger than say, Crown Princess Kuku Selma Shejavali and Crown Prince Konis Kalenga, that in no way disqualifies him from being installed as new Ondonga king. According to Section 5(1) (a) of the Act and relevant case law (see for example the High Court judgment in Kapika case), read with Section 4(1) a) of said Act, prior notification of designation or coronation of a traditional chief, or head or even king is in this case the exclusive territory of the OTA. Moreover, in accordance with Section 3(4)(a) and 3(4)(b) of the said Act, it is criminal to install or coronate another chief, head or even king when a chief, head or even a king has already been designated and or coronated. From the above legal facts, it
Min mense ken dalk dié ou liedjie van Battery 9, maar die lirieke het my dadelik bygedam toe ek gisteraand (Maandag) opnuut met my tuiskoms op hierdie toneel in Cimbebasia se Otjinjangestraat afkom. So gaat die woorde: “Hier sit ek al weer in k**straat, alles lyk tog so bekend . . .” Lyk, en ruik . . .
van bl. 12
Sections 2 and 9 of the Act make provision for the establishment of traditional authorities, in this case the Ondonga Traditional Authority (OTA) and the OTA has jurisdiction (i.e. powers, duties and functions) over all and any members of the community. This means that the OTA also has jurisdiction over Ondonga Crown Princess Kuku Selma Gwanandjokwe Shejavali and Crown Prince Konis Kalenga. According to Sections 3(1) (e) and 3(1) (h) of the said Act, it is OTA and only OTA which has the powers, duties and functions to perform traditional functions and ceremonies within the community. Hence, all nominations, appointments and designations of all and any head, chief or even king are also administered and executed exclusively by the OTA. According to inter alia Section 14(a) of the Act, any customary or traditional law, norm, custom, practice or usage which
weet ons darem. Dis, in ander woorde uit dieselfde liedjie, ‘n verpesting wat nie ignoreer kan word nie – al worrie julle dalk nie oor ons “swak adres” nie. Die besigheid laat ons broos, sonder uitsig en moedeloos. Maar “at least kan ons nog kla en k**praat,” al is alles tydelik en sal alles vergaan . . . is my considered legal opinion that Crown Princess Kuku Selma Gwanandjokwe Shejavali (with all my love and respect for her) has neither powers, duties and functions nor legal standing in law (locus standi in judicio) to install Crown Prince Konis Kalenga as new king of Ondonga. However, Crown Princess Shejavali, like any other members of OTC has legal standing to challenge in Court the coronation of King Shuumbwa II. Also crown Princess Shejavali and or any other members of OTC have legal standing to institute an urgent application in High Court to prevent the Minister of Urban and Rural Development to recognize King Shuumbwa II. However, although such urgent application has reasonable prospects of succeeding on the point or urgency, it has very little if any chance of succeeding on merits. Based on the above legal reasons the Government of Namibia will have no jurisdiction to lawfully recognize and or approve the coronation of Crown Prince Konis Kalenga as successor of late King Elifas. In any event, such recognition amounts to fruit of a poisonous tree.
In Republikein van 29 Januarie 2019 het Bekommerde Skoolraadvoorsitter en Oupa kommer uitgespreek oor die aanstelling van onervare onderwysers en deeltydse studente eerder as gekwalifiseerde en ervare, afgetrede onderwysers. ‘n Jong, gekwalifiseerde onderwyser moet êrens begin en vaardigheid en kundigheid deur ervaring opdoen. In dieselfde asem wil ek sê onderwysbestuurders mag nooit die waarde onderskat van vaardighede en kundigheid wat oor die jare verwerf is nie. Dit is ook verblydend dat skoolraadslede deelneem en oor sulke onderwerpe debat wil voer. Deelname (ook deur verteenwoordiging) is ‘n wesenlike element van ‘n werkende demokrasie. Onderwys word allerweë beskou as ‘n gemeenskapsbate. Skoolrade se mandaat is dus om die gemeenskap se belange in die onderwysopset te verteenwoordig. Onderwysregulasies bepaal onder andere dat die skoolraad funksioneer as die liggaam waardeur die skoolgemeen skap aan die administrasie van die skool en 'n skool se aktiwiteite kan deelneem. Skoolraadslede is gunstig geposisioneer om die wense van die gemeenskap die beste te artikuleer. Hulle het in baie gevalle in die gemeen skap grootgeword en is vertroud met die gemeenskapskultuur, waardes en gebruike. Hulle is dus die regmatige voogdye van die toekoms van die gemeenskap. Die opdrag aan skoolrade is dus om, deur deelname in die administrasie van die skool, jaloers te waak oor die kwaliteit van onderwys by elke skool. Hierdie is die hoofoorweging waarom elke lid van ‘n skoolraad sy of haar stem moet laat hoor wanneer dit nodig is, soos Bekommerde Skoolraadvoorsitter en Oupa. Min vereistes geld vir 'n ouer om tot die skoolraad verkies te word. Slegs ongerehabiliteerde kriminele, lede van die administratiewe kader van die ministerie, nie-Namibiërs, lede van ander skoolrade en persone wie se gades lede van ‘n ander skoolraad is, word uitgesluit. Daar is ook geen verbod op ad hoclidmaatskap nie. Skoolrade het die bevoegdheid om wanneer nodig ervare en kundige persone te betrek. Ek is oortuig formele toestemming is nie nodig
Tielman Sê MAAR NET Waar gaan ons heen?
Tielman van Lill
Dit lê nie op die periferie van my belangstelling nie, maar met Namibiese nuusgebeure wat soos ’n pap melktert in my gesig gegooi word, het ek nie veel van ’n keuse om daarvan notisie te neem nie. Ek moet sedert Maandagoggend net keer om nie drie treë na links te gee en ’n gemoedsbesakking van kliniese formaat te beleef nie. Sommige mense sal moontlik die besakking heelwat anders wil spel, maar ek sal ter wille van Republikein se gerespekteerde lesers liewer by die skoner weergawe daarvan hou. Maandagoggend vroeg is twee mense wreed van hul families weggeruk. Afgemaai deur ’n selfaangestelde regter met sy vinger geklem om ’n sneller. Weer eens is 'n moord gepleeg. Moor in ons land is so gerieflik soos om ’n lastige vlieg met smaaklike genot uit die weg te ruim. My vraag is: Hoekom word daar so maklik ’n lewe geneem? Is dit ’n geval aan ’n gebrek aan opvoeding of is dit maar net omdat dit so maklik
geword het? Lesers sal onthou ’n ruk gelede het ’n ontevrede kollega in die middestad by sy werk ingestap en sy hoof, asook ’n ander vrouekollega gewond. Die hoof is oorlede, terwyl haar kollega oorlewe het. Hy het gemoor omrede hy nie tevrede was nie, so maklik soos dit. Ontevrede, jaloerse (daar is te min woorde) en pleinweg onopgevoede barbaarse minnaars, kêrels en mans is die alleenheerser in sy skewe wêreld waar hy alleen die besluite neem. Gereeld moet ons hoor dat mnr. X sy maat se lewe geneem het. Barbaars, brutaal, gewelddadig, onmenslik en vernederend. Maar daar word gereeld en gerieflik van menseregte gepraat. Watter menseregte? Wat het van die mens se reg geword wat aan die hand van ’n moordenaar hul kinders en naastes moes agterlaat? Die moordenaar in die tronk word beter deur die staat versorg as ons oumense wat met ’n karige staatspensioentjie
vir hierdie tydelike “uitbreiding” van die raad nie, hoewel ‘n ad hoc-lid natuurlik nie stemreg sal hê nie. ‘n Interessante, tersaaklike voorbeeld van 'n uitstekende skoolraadlid kom uit California in die VSA. Cipriano Vargas het op die jong ouderdom van 24 lid geword van die Vista Unified School Board. Sy doelwit was om seker te maak alle leerlinge in die Vistadistrik word behoorlik vir na-skoolse studies en latere loopbane voorberei. Sy dryfveer was veral om sy skool, Vista Hoër, in ‘n leergemeenskap te omskep. Om dit te verwesenlik, moet verkose skoolraadlede die belangrikheid van die instansie besef. Hulle moet besef hulle het inspraak in aanstellings, die neerlegging van skoolreëls, dissiplinêre optrede, sport-alliansies en -affiliasies, finansiële sake, ens. Hulle mag nooit vergeet hulle verteenwoordig die gemeenskap se belange en nie hul eie nie. Raadslede is die spreekwoordelike waghonde van gemeenskapsbelange. Hulle moet kennis neem van klagtes van ouers en dit by vergaderings opneem. Ek sal verwelkom indien skoolraadverteenwoordiging volgens ‘n wykstelsel kan geskied. Elke lid kan dan ‘n bepaalde gedeelte van die skoolgemeenskap verteenwoordig. Nuwe skoolraadlede moet sorg hulle ken die raad se kultuur. Lede moet besef skoolraadsbesluite mag en kan nie sonder goeie motivering uitgedaag om omvergewerp word nie. Lede moet kennis neem van hoe die raad waarop hulle dien in die verlede gefunksioneer het en watter gedragspatrone in die toekoms verwag kan word. Wanneer ek in koerante se SMS- en briewe-kolomme oor onderwys lees, veral die wat handel oor beweerde wanbestuur en twyfelagtige besluitneming, is dit duidelik dat skoolraadlede nie aldag hul rol en verantwoordelikhede ken nie. Die grootste uitdaging is vir skoolraadlede om hul pligte te ken en om betrokke te word. Hulle moet die wye omvang van hul bevoegdhede besef. Die antwoord lê dus in effektiewe opleiding van skoolraadlede. Volgende week gesels ons oor spesifieke manier waarop ‘n skoolraadslid kan help om sy/haar skool in ‘n ware leer gemeenskap te omskep.
Wil jy reageer? [email protected]
moet oorleef. Tronkvoëls, verkragters, moordenaars, diewe en al wat ’n skollie in ons tronke is, het ’n gemaklike lewe met mediese sorg, drie etes per dag en ’n warm kombers wat deur die belastingbetaler voorsien word. Regerings wat so graag geweldsmisdadigers se menseregte beskerm, behoort die families van vermoordes die res van hul lewe van enige vorm van belasting vry te stel. ’n Paar miljoen Namibiese dollar as vergoeding deur die staat sal nie ’n geliefde terugbring nie, maar finansiële gemoedsrus verseker. Om iemand in ons mooi land te vermoor, het so maklik geword soos dit vir ’n minderjarige tiener is om drank sonder 'n identiteitskaart by een van die land se vele kuierplekke te koop. Wat my bekommer, is dat die staat en in besonder ons president tjoepstil is. Wanneer gaan ons Namibiese regering ’n standpunt teenoor moordenaars inneem om sy vredeliewende
burgers te beskerm? Ons oostelike buurman, B otswana, pas steeds die doodstraf toe. Tsjad het die doodstraf in 2014 gestop, maar weer die volgende jaar vir terrorisme ingestel. Egipte, Ekwatoriaal-Guinee, Libië, Somalië, Suid-Soedan, Soedan en Nigerië is van die Afrikalande wat steeds die doodstraf as afskrikmiddel gebruik, terwyl Gambië in 2018 ’n moratorium daarop ingestel het. Alhoewel die doodstraf in 1988 laas in Burkina Faso voltrek is, het dié land verlede jaar die doodstraf daar geskrap. Op www.amnesty. org skryf ene Yves Traoré, direkteur van Amnestie Internasionaal (AI), in dié land: “Abolition of death penalty a hard won victory.” My vraag is, a hard won victory vir wie en wat? Dit is slegs ’n oorwinning vir die moordenaars. Volgens die Universal Declaration of Human Rights is die doodstraf uiters wreed, onmenslik en ’n vernederende straf. Rêrig?
14 Internasionale nuus
Republikein
Woensdag 17 April 2019
Internasionale nuus Die ‘Dame van Parys’ is in puin
»»Doringkroon word gered Rookwolke het uit die Middeleeuse katedraal die lug in geborrel en later roet en splinters op omstanders laat neerreën.
D
ie Notre Damekatedraal in Parys is Maandagaand binne 90 minute in ’n verskriklike brand deels in puin gelê. Terwyl die h istoriese katedraal in vlamme opgaan met brandweermanne wat dit heldhaftig probeer red, het omstanders op die oewer van DM0201900333261
die rivier saggies gesange gesing. Die katedraal, een van Parys se gewildste toerismebestemmings, het groot restourasiewerk ondergaan. Die brand het vermoedelik ontstaan op die dak, wat ingeval het. Teen laataand is water steeds na die hart van die katedraal, die m iddelskip of naaf, gespuit om die brand in bedwang te probeer bring. Houtwerk in die kerk en die eeue oue handewerk van vakmanne is verwoes. Na berig word kon kunswerke en waardevolle
Die Notre Dame-katedraal Maandag in ligte laaie. Foto Netwerk24/Getty Images g eskiedkundige skatte soos die doringkroon gered word. Rookwolke het uit die Middeleeuse katedraal die lug in geborrel en later
roet en splinters op omstanders laat neerreën. Die televisiekanaal France 2 het berig dat die polisie die brand as ’n ongeluk hanteer.
Die katedraal dateer van die 12de eeu en is bekend om die roman van Victor Hugo, Die boggelrug van Notre Dame, met miljoene toeriste wat dit jaarliks besoek. Die steierwerk wat vir die restourasiewerk gebruik is, was ook laataand in vlamme gehul. Gelukkig is sommige bronsstandbeelde op verskillende vlakke van die katedraal verlede week verwyder voordat die groot restourasiewerk aan die dak kon begin. Volgens omstanders het die draakagtige spuier-
beelde op die dakke (gargoyles) die brand weerstaan. Pres. Emmanuel Macron het die tragedie dalk die beste opgesom: “Ons dame van Parys brand. Dit is ’n emosionele tyd vir die nasie. Ons dink aan die Katolieke en aan al die Franse. Net soos ons burgers is ek vanaand hartseer om ’n deel van ons te sien brand.”
GELD STROOM IN
Geld stroom reeds in om die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, te herbou.
Anne Hidalgo, burge meester in Parys, sê hulle sal ’n internasionale skenkerskonferensie hou sodat hulle geld vir die herbou van Notre Dame kan insamel, berig France24. Die miljardêr FrançoisHenri Pinault, v oorsitter van die internasionale luukse groep Kering en eienaar van Gucci, Yves Saint Laurent, Balenciaga en Alexander McQueen het reeds €100 miljoen geskenk vir die heropbou van die katedraal, luidens ’n verklaring.
– Netwerk24/Reuters
DM0201900333296
MINISTRY OF HIGHER EDUCATION, TRAININING AND INNOVATION OFFICE OF THE PRIME MINISTER Message of condolence on the passing of the NIMT Executive Director, Eckart D.G. Mueller and his Deputy Heimo Hellwig. The Ministry of Higher Education, Training and Innovation has learned with shock and disbelief about the unfortunate incident that happened today the 15th April 2019, at our Namibia Institute of Mining and Technology (NIMT) Campus in Arandis which involved the shooting of Mr. Eckhart D.G Mueller, the Executive Director of the Institute of Mining and Technology (NIMT), and the Deputy Executive Director, Mr. Heimo Hellwig. The Minister, the Deputy Minister, the Executive Director and the entire staff at the Ministry of Higher Education, Training and Innovation (MHETI), hereby present their heartfelt condolences to the entire bereaved families. The Ministry has dispatched a team to go to Arandis led by the Executive Director, Dr. Alfred Van Kent to observe the situation fire hand. We, appeal for calmness as the matter is being dealt with by the Police.
……………………………. Hon. Dr Itah Kandji Murangi, MP Minister
Republikein
advertensies
15
DM0201900333219
Woensdag 17 April 2019
DM0201900333224
IT
18 Sport
Republikein
Woensdag 17 April 2019
Sport
DM0201900333215
Medalje vir Maike
Maike Diekmann (regs) se veldtog om die eerste Namibiese roeier te word wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer, het ’n sielkundige hupstoot gekry toe sy die afgelope week sterk by ’n internasionale regatta in Italië presteer het. Diekmann het by die Lago Di Piediluco-meer in haar spesialis-item oor 2000 meter ’n bronsmedalje ná Oekraïne en Serwië ingepalm. Die 24-jarige roeier van Tukkies het in die week vooraf ’n oefenkamp van die wêreldbeheerliggaam FISA in Italië bygewoon. Op die laaste naweek in April wil Diekmann ook ’n sterk vertoning by die SA kampioenskap lewer, wat op die Roodeplaatdam gehou word waar sy elke oggend oefen. Foto Facebook DM0201900333225
22 APRIL - 04 MAY 2019
MARATHON WHITE SUGAR 2kg N$
24.99
Ever fresh Full Cream Milk 1L N$
EACH
15.45
N$ EACH
Bull Brand Corned Meat 300g
PRIMA LUNCHEON ROLL 280g
15.99
N$ EACH
16.99
ALL GOLD TOMATO SAUCE 700ml N$
EACH
19.99
EACH
NOLA SUNFLOWER OIL 750ML N$ .95
13
EACH
Polana Macaroni 3kg N$
67.99
KNORR ASSORTED SOUP N$
EACH
499
EACH
BEESMIX COMBO (4 BEESMIX+1UREA+4SALT) N$
1899
.95
Marathon Round Nose Shovel N$
EACH
79
.99
Marathon Digging Spade N$
EACH
79
.99
Marathon Rake 16 Teeth N$
EACH
49
.99
WIRE STEEL ROUND 2.24MM 50KG L/G N$
EACH
749
.95
EACH
2999
EACH
DROPPER CREO 1.2M 32-50MM N$ .95
POLE CREO H4 2.1M 75-100MM N$ .95
DROPPER CREO 1.4M 32-50MM N$ .95
POLE CREO H4 2.4M 75-100MM N$ .95
7
MSD VACCINE SUPAVAX 100ml N$ .99
3.99
VIRBAC MULTIMIN SE SHEEP/ GOATS 500ml N$ .95
9
EACH
EACH
EACH
PROMOTION PRICES VALID FROM 22 APRIL - 04 MAY 2019 AT THE FOLLOWING STORES
Aranos 063 272 375 I Gobabis 062 565 335 I Gochas 063 250 135 I Grootfontein 067 248 500 Hardap 063 240 897 I Keetmanshoop 063 227 450 Mariental 063 241 319 I Omaruru 064 571 418 I Otjiwarongo 067 300 300 I Rehoboth 062 521 550 I Stampriet 063 260 046 I Windhoek 061 401 490 Colours of products may vary. Prices include VAT. While stocks lasts. E & OE
59 69
EACH
EACH
sport
Republikein
Woensdag 17 April 2019
19
WHS toets sy vernuf in Oos-Kaapse fees
»»Hokkie
W
indhoek Hoërskool se eerste seunshokkiespan, geborg deur Coastal Hire, vertrek volgende Woensdag na Makhanda (voorheen bekend as Grahamstown) in die Oos-Kaap vir die spoggerige Kingswood College sportfees wat laasgenoemde skool se 125ste bestaansjaar gedenk. Die Windhoekers, wat die afgelope jare ’n dominerende krag in die plaas like skoleliga is, is vasbeslote om hul stempel in Suid-Afrika te gaan afdruk. Onder afrigterskap van mnr. Johann Weyhe het die ligbloues hul merk gemaak by toernooie soos die Brothers-hokkiefees in Kaapstad, waar hulle in 2016 negende uit 24 skolespanne van oor Afrika en Europa geëindig het. Die volgende jaar se span het selfs beter gevaar (vierde) by die Brotherstoernooi. Hoewel WHS laasjaar afwesig was, is die 2019-groep vasberade om in Juliemaand ’n medalje daar te gaan verower. WHS I het sedert 2016 nie ’n ligawedstryd verloor in sy drie opeenvolgende verowerings van die premierliga nie. Weyhe is veral beïndruk met sy spelersgroep se vermoë om hul spelpeil te lig in situasies wanneer hulle werklik onder druk verkeer.
ERVARE
“Elkeen van ons 16 spanlede het reeds sy talent ontwikkel deur Namibië in die verskeie ouderdomsgroepe te verteenwoordig. Ses spelers het reeds vir Namibië se senior manspan in veldhokkie of binnenshuise hokkie DM0201900333211
Die eerste hokkiespan van WHS met hul spanbestuurder me. Yolande Barnard (links) en mnr. Marc Schumacher van Coastal Hire as hoofborg langs haar. Afrigter Johann Weyhe staan heel regs, met die kaptein Dakota Hansen langs hom. gespeel,” sê Weyhe. Nico Neethling het reeds ’n merkwaardige 143 wedstryde vir WHS se eerste span gespeel, terwyl die onderkaptein Cody van der Merwe 101 wedstryde agter sy naam het. Die ervare kerngroep sluit ook Gian Dresselhaus (94), Dylan Barnard, Johan Serfontein en Matu Kavikairiua (almal 73 wedstryde) in, terwyl vanjaar se spankaptein Dakota Hansen se huidige totaal op 40 staan. By die toernooi in Makhanda is hulle
egter gegroepeer saam met verskeie skole wat hoog op die ranglys van Suid-Afrika se beste hokkiespanne gereken word. Net 165 Suid-Afrikaanse spanne verskyn op die ranglys, met nog vele meer sonder ranglysposisies. WHS se wedstrydprogram is: Donderdag 25 April: teen York (18de in Suid-Afrika) Vrydag 26 April: teen Kingswood (42ste in Suid-Afrika) en teen Glenwood House (43ste).
Saterdag 27 April: teen Hudson Park (22ste), teen St. John’s (tiende) en teen Woodridge (15de). Sondag 28 April: teen Redham (ongekeurd). WHS se skoolhoof, mnr. Hawie Engels, het gesê die skool se leuse “Deug floreer” word in die eerste hokkiespan weerspieël deurdat die seuns ook akademies uitblink en dat hulle karaktertrekke soos beleefdheid en deursettingsvermoë uitleef. “Julle uitdaging is voort te gaan om
beter te word en die grense van die onbekende te toets,” was sy boodskap. Die WHS eerste span toergroep is: Dakota Hansen (kaptein), Cody van der Merwe (onderkaptein), Dylan Barnard, David Britz, JP Britz, Gian Dresselhaus, Delron Handura, Fagan Hansen, Owen Hatton, Matu Kavikairiua, Henning Kruger, Morné Meyer, Matthew Mouton, Nico Neethling, Johan Serfontein, Nathan van Niekerk. Spanbestuurder: Me. Yolande Barnard.
20 Sport
Republikein
Sport
Woensdag 17 April 2019 SupeRRugby
Roei: Diekmann wen medalje in Italië
kompetiSie
18
Raai die eindtelling en wen!!!
2 x N$500
VS SmS “dStv” die wenspan se naam en telling en die verloorspan se telling
na 51500
Lesers moet die wenspan se telling korrek skat en met nie meer as 5 punte van die verloorspan se telling verskil nie. Inskrywings sluit met afskoptyd. (SMS’e kos N$3 elk.)
DStv-pryse slegs vir Premium-intekenare, b’s en b’s geld.
»»Rugby Die Eagles-span vir die komende toernooi. Agter van links is Zhivago Groenewald, Tangeni Lungameni, JP Kotze, Stephen Baard, Karl Birkenstock, JJ Smit, Jean Bredenkamp, Picky Ya France, Zane Green en Bernard Scholtz. Voor sit Craig Williams, Jan Frylinck (onderkaptein), Pierre de Bryun (afrigter), Gerhard Erasmus(kaptein), Albie Morkel (konsultant), Christi Viljoen, Dee Thakur (spanbestuurder) en HD Ackermann (konsultant). Foto Tielman van Lill
Eagles se ambisie hoog ingestel
»»Krieket
Staatmakers van 2003 het die nasionale span geïnspireer vir die uitdaging wat in die komendeweek voorlê.
››Tielman van Lill
K
rieket Namibië het sy nasionale Eagles-groep van 14 spelers bekend gestel wat vanaf komende Saterdag in Windhoek aan ’n deurslaggewende sesnasietoernooi gaan deelneem. Die Internasionale Krieketraad (ICC) se 2019 Wêreldkrieketliga afdeling 2-toernooi (WCL2) tussen die assosiaatlande Namibië, Hongkong, Kanada, Oman, Papoea-NieuGuinee en die VSA word vanaf Saterdag by Wanderers en Affiespark in Pionierspark, asook by die Unitedovaal in Olympia aangebied. Die Eagles onder aanvoering van kaptein Gerhard Erasmus sal alles in hul vermoë doen om die kompetisie te wen. Dit is Namibië se enigste kans om die proses aan die gang te sit om vir die eerste keer sedert 2003 weer vir ’n groot ICC-toernooi, naamlik die 2023 Wêreldbeker in Indië te kwalifiseer. By die 13de Wêreldbeker sal daar net plek vir tien lande wees – net soos wat ook vanjaar die geval met die skouspel in Engeland en Wallis in Juniemaand is. Die heel belangrikste taak in die komende week se toernooi is om DM0201900331483
Namibië se plek in Afdeling 2 te beskerm en relegasie af te weer (vyfde en sesde), sodat die Eagles in 2021 saam met dié afdeling se kwalifiseerders asook ’n paar hoër gerekende spanne in tel vir die latere WB-uitduntoernooie kan bly. Vir die sterker krieketlande wag die ICC se heel eerste Superligareeks (Mei 2020 tot Maart 2022) waaraan die top-12 plus Nederland gaan deelneem. Net die voorste sewe lande in die reeks, asook die gasheerspan Indië kwalifiseer regstreeks vir die 2023 Wêreldbeker, asook twee wat die finale uitspeelrondes oorleef.
2003 ONTHOU
Namibië het vir die 2003 Wêreldbeker in Suid-Afrika gekwalifiseer, waar hulle in ’n groep saam met Australië, Engeland, Indië, Nederland, Pakistan en Zimbabwe geplaas was. Die Namibiërs het wel al hul wedstryde verloor, maar het byna vir ’n opskudding teen Engeland gesorg toe Rudie van Vuuren vyf paaltjies vir 43 lopies neem en Jan-Berrie Burger 85 lopies moker. Engeland het wel met 55 lopies gewen, maar kon Namibië nie in sy toegelate 50 boulbeurte uitboul nie en met dreigende reënwolke was hulle behoorlik senuagtig terwyl Burger en Danie Keulder saam die lopies laat vloei het. Gavin Murgatroyd en Keulder, wat deel van die 2003 wêreldbekerspan was, het by die spanaankondiging vandeesweek van hul vas beradenheid vertel om vir dié 2003
WB te kwalifiseer. “Ons het nie veel van die ander lande se spelers gedink nie. Ons was almal bloot amateurs wat lief was vir krieket en het met die aanloop om te kwalifiseer daaraan gewoond geraak om te wen. “In die kwalifiserende toernooi die vorige jaar in Kanada moes ons tien eendagwedstryde opeenvolgend teen assosiaatlande wen, waarin ons ook geslaag het. Toe ons met die veldtog om WB-kwalifisering begin het, het ons aan die begin amper gewen; later het ons wel begin wen en algaande het dit ’n gewoonte geword om oorwinnings te behaal,” het die twee verduidelik.
WCL2
Die toernooi van eendagkrieket in Windhoek begin met die rondomtalie-groepfase, voor die uitspeelwedstryde vir die finale posisies op Saterdag 27 April. Drie wedstryde word elke dag gespeel, met Maandag en die Donderdag as rusdae (reserwedae indien nodig). Die Eagles se wedstrydbepalings is soos volg: Saterdag 20 April: teen PapoeaNieu-Guinee by Wanderers. Sondag 21 April: teen VSA by Wanderers. Dinsdag 23 April: teen Kanada by United. Woensdag 24 April: teen Oman by Affiespark. Vrydag 26 April: teen Hongkong by Affiespark. Saterdag 27 April: uitspeelwedstryd vir finale posisie.
Die toernooi is Namibië se eerste ernstige toets vandat Pierre de Bruyn as nasionale afrigter oorgeneem het. Albie Morkel en HD A ckermann tree as konsultante op en Dee Thakur is die spanbestuurder. Op papier het Namibië een van sy sterker spelersgroepe van die afgelope jare. Die aansluiting van die linkerarm naatbouler Christi Viljoen, wat provinsiale krieket vir Otago in Nieu-Seeland speel, is welkome nuus, asook JJ Smit se terugkeer na volle fiksheid as waarskynlik Namibië se vinnigste snelbouler. Jan Frylinck, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni en Zhivago Groenewald is ook ervare boulers op dié vlak. Craig Williams se terugkeer van sy vroeër uittrede laat die kolflys stewiger vertoon, terwyl Stephen Baard se ondervinding in Nieu-Seeland handig te pas kan kom. Jean Bredenkamp het ook sy Namibiese paspoort verkry ten einde op internasionale vlak te kan speel. Daar sal gewis ook op JP Kotze, Zane Green en Picky ya France se knoppie vir waardevolle lopies gedruk word, want die mededinging tussen Namibië en die ander vyf spanne was die afgelope jare iets geweldig. Die Eagles: Gerhard Erasmus (kaptein), Jan Frylinck (onderkaptein), Stephen Baard, Jean Bredenkamp, Karl Birkenstock, Zane Green, Zhivago Groenewald, JP Kotze, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, JJ Smit, Christi Viljoen, Craig Williams en Picky Ya France. - [email protected]
Kaarte geskommel teen jong Georgiërs
Soos beloof, is verskeie veranderinge aangebring vir die derde en laaste opwarmwedstryd van die Namibiese rugbyvyftiental wat in die Wes-Kaap aan ’n vierhoekige toernooi deelneem. By die veld van Paul Roos Gimnasium sluit die Namibiese senior amateurspan vandag om 14:15 teen Georgië se o.20’s af, nadat beide hul vorige twee wedstryde verloor het. Om 16:00 draf die o.20-spanne van Suid-Afrika en Argentinië uit in ’n moontlike kleedrepetisie vir die o.20wêreldkampioenskap in Junie. Die Namibiese afrigter, Phil Davies, het opnuut sy kaarte geskommel in die oefengroep se opbou na die SuperSport-uitdaagreeks wat op 27 April teen die Goue Leeus begin. Namibië XV: 15 Mahco Prinsloo, 14 Chris Arries, 13 Janry du Toit, 12 Darryl de la Harpe (kaptein), 11 PJ Walters, 10 PW Steenkamp, 9 JC Winkler, 8 Thomasau Forbes, 7 Leneve Damens, 6 Rohan Kitshoff, 5 Ruan Ludick, 4 Max Katjijeko, 3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortjé, 1 Desiderius Sethie. Reserwes: André Rademeyer, Jason Benade, Niël van Vuuren, Mahepisa Tjeriko, Adriaan Booysen, Eugene Jantjies, Cliven Loubser, Oderich Mouton. Beide wedstryde word regstreeks op die YouTube-kanaal van School Sport Live gebeeldsend.
Die heelagter Mahco Prinsloo.