Republikein_20220304 Flipbook PDF

Republikein_20220304
Author:  N

68 downloads 144 Views 16MB Size

Recommend Stories


Porque. PDF Created with deskpdf PDF Writer - Trial ::
Porque tu hogar empieza desde adentro. www.avilainteriores.com PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com Avila Interi

EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF
Get Instant Access to eBook Empresas Headhunters Chile PDF at Our Huge Library EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF ==> Download: EMPRESAS HEADHUNTERS CHIL

Story Transcript

Vrydag 4 Maart 2022

IN VANDAG SE KOERANT AKKERBOU 50 000 PLANTE PER HEKTAAR BLADSY

6

SPORT

KRIEKET BLADSY

12 TROEFKAARTE KAN ­KLUBKAMPIOEN BEPAAL

Inval verpletter Oekraïner se wêrelddroom › Tanja Bause

Anna Grechishkina het agt jaar gelede met haar motorfiets uit Kiëf vertrek om haar droom van ’n Guinness-wêreldrekord vir die langste solorit deur ’n vrou te verwesenlik. Die droom is op 24 Februarie verpletter toe Rusland die Oekraïne aangeval en in oorlog gedompel het. “Ek wou baie graag terug Kiëf toe gaan met die rekord. Glorie vir die Oekraine, maar vir dít moes ek tien jaar met my motorfiets toer. Ek is nou agt-en-’n-half jaar besig en dink nie ek kan aangaan nie. My wêreld het in een dag verander.” Grechishkina het ná 70 lande en 260 000 kilometer vir die tweede keer Namibië toe gekom en was van plan om eers deur die land te toer voor sy na Botswana, Zambië en Zimbabwe sou vertrek. Van daar af was die plan om deur

Angola en langs die weskus van Afrika na Europa te ry. “Ek het die volgende dag ná ek in Namibië aangekom het omstreeks 08:00 wakker geword en ’n bood­ skap van my beste vriendin gekry

wat in Kiëf woon. ‘Ons word gebombardeer’,” was al wat die boodskap gesê het. “Dit was nie ’n algehele verrassing nie aangesien Poetin se troepe al weke tevore by die grens begin

saamdrom het. Hy het egter die heeltyd gesê hy beskerm net sy grens. Hy het gelieg. Hy het belowe om nie aan te val nie en nou het ons ’n volskaalse oorlog.” NA BL. 2

» Rusland verskerp aanvalle in Oekraïne

Oorlog in Europa: Namibië 2de keer buite stemming Namibië was een van 35 lande wat buite stemming gebly toe die VN se Algemene Vergade­ ring gestem het oor ’n resolusie waarin Rusland se optrede veroordeel word.

› Ronelle Rademeyer

T WEBWERFKODE

Anna Grechishkina het ‘n dag nadat sy in Namibië aangekom het gehoor dat Rusland die Oekraïne, haar ­geboorteland, ingeval het. FOTO TANJA BAUSE

erwyl Oekraïense soldate die afgelope twee dae alles in die stryd gewerp het om sy grootste stede uit die greep van die Russiese invalsmag te hou, het Namibië vir die tweede keer vandeesweek nié teen Rusland standpunt ingeneem nie. Namibië het Woensdag buite stemming gebly in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) toe Rusland oor die kole gehaal is oor sy inval in Oekraïne.

Dit was nadat hy Dinsdag ook buite stemming gebly het toe verrigtinge van die VN se menseregteraad in Genève, Switserland, onderbreek is om te stem of ’n spesiale debat oor menseregteskendings deur Russiese soldate tydens die inval in die Oekraïne gevoer kan word. Die debat is gistermiddag gevoer. Namibië was een van 35 lande wat buite stemming gebly toe daar in die Algemene Vergadering gestem is oor ’n resolusie waarin Rusland se optrede veroordeel word en geëis word dat hy sy magte aan Oekraïne onttrek. Die ministerie van buitelandse betrekkinge en samewerking het tot nou toe nog nie in ’n verklaring aan Namibiërs verduidelik waarom die regering nie standpunt inneem teen die Russiese inval en menseregtevergrype nie.

GRAFIKA OP BL. 2

Rusland kon intussen ’n week sedert die begin van die inval nog nie daarin slaag om die Oekraïense regering omver te werp nie en het sy aanslag op die land se stede verskerp. Die stadskern van Charkif, die oostelike stad met sowat 1,5 miljoen inwoners, is ’n woesteny van vernie-

tigde geboue en puin, berig Reuters. Die stadsraad van Marioepol in Oekraïne sê die Russiese magte is besig om die stad doelbewus te vernietig deurdat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur aangeval word. Volgens die stadsraad het die Russe Marioepol se kritieke lewensondersteunende infrastruktuur doelbewus sewe dae lank vernietig. Die raad bestempel die aanval op die stad as ’n “volksmoord van die Oekraïense mense”, berig dié nuusagentskap. Russiese troepe het gister ook in Cherson in Oekraïne aangekom nadat daar aanvanklik eergister verwarring was of hulle die stad oorgeneem het. Rusland se departement van verdediging het dit Woensdag al aangekondig, maar pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het dit ontken, het Reuters berig. NA BL. 2

1399

Laai die MyInfo-toep af vir die jongste nuus.

ISSN 1560-9448 JAARGANG 45 NO. 61

Nuus

2-5 | Praat Saam

9 | Sport

11

BESOEK ONS AANLYN BY WWW.REPUBLIKEIN.COM.NA

Napso NamiBiese

en Cambridge-leerplan skole Napso IEB-skolE 2022 matrIEkuItslaE KlinKende suKses

“NAPSO is so TROTS op ons Cambridge en Namibiese-leerplan geaffilieerde Privaatskole se PUIK 2021 matriekuitslae!! Om na alles, van 2 jaar se gebroke onderrig en die trauma van Covid deur te gaan en steeds met sulke pragtige uitslae te spog is net ongelooflik en ek haal my hoed af vir hierdie matrieks hul onnies en ouers. Alle eer aan ons Here wat ons skole bystaan deur alles wat hul moes deurstaan en so hard werk om vandag te kan sê: ons het dit gemaak! Ons Cambridge Internasionale Leerplan skool (International School of Walvis Bay) se uitslae is en was nog altyd van ‘n uiers hoë standaard en ‘n jaarlikse akademiese hoogtepunt vir NAPSO. Om

hierdie Internasionale standaard jaar-na-jaar te handhaaf is voorwaar ‘n fenomenale prestasie! Dan ons Namibiese Leerplan skole wat by NAPSO geaffilieer is, wil ons regtig uit ons pad gaan om jul ‘n applous te gee vir die positiwiteit, deursettingsvermoë en langdurige ywer waarmee julle skoliere, onderwysers en ouer die netelige uitlek vraestel en herskryf situasie hanteer het. Om leerders vir so lank gemotiveerd te hou EN sulke uitslae aan die einde te behaal was eintlik ‘n onmenslike taak, MAAR uitstekend reggekry deur julle. Knap gedaan! Wouter Niehaus huB hoof uitvoereNde Beampte

Namibia

Namibia

pieter Grobbelaar 3A*, 2A’s & 1 C

peta-anne Nichols 1A*, 1A & 4B’s

Cornè mouton 1A*, 3A’s, 1B & 1C

Karstveld Academy is proud to say that 2021 was truly a memorable year for us. Not only did we open our doors, but acquired a 100% pass rate in the NSSCO syllabus.

paolo Le hanè 3 A’s & 2 B’s G12 NSSCA

Neyobi Le hanè 3 A’s and 2 B’s G11 NSSCO

Zané Werner 2 A’s and 3 B’s G11 NSSCO

A* - 6

C - 10

A - 10

D-8

This is truly an accomplishment to celebrate with these learners, showing that their hard work really did pay off, to persevere in times of adversity and not to give up, but remain focused and dedicated to your work. A special word of thanks to all the teachers who persevered during exceedingly difficult circumstances and still managed to deliver top class education to our learners. Well done!

B - 11

E-3

phiLip smit - headmaster

JoLeNe NeL - headmaster Across the 8 students the following symbols were acquired:

Namibia

amy Williams 4 A’s en 1 B

Quinton reyneke 2 A’s and 1 B G11 NSSCO

Namibia

Benita venter 4 A’s en 1 B

Nandeekue tjombumbi 3 A’s en 1 C

Gobabis Gymnasium se Gr. 12 AS uitslae spreuk boekdele van die gehalte onderwys wat leerlinge by ons skool ontvang. Baie geluk aan hierdie student wat te midde van vele uitdagings, prestasie van hoogstaande gehalte behaal het. aLida hiLL - skooLhoof

Namibia

melissa Nell 2 A’s, 8 B’s en 7 C’s G12 NSSCA

mia Botha 5 A*’s en 1 B G11 NSSCO

ryk erasmus 4A*’s, 1C en 1D G11 NSSCO

Janca steyn 3A*’s, 1A, 1B en 1C G11 NSSCO

Die Gr 12 klas van 2021 was baanbrekers ten opsigte van die AS-level eksamen wat vir die eerste keer in Namibië geskryf is! Tien leerlinge het ingeskryf vir tien vakke op die AS-level en behaal 2 A’s, 8 B’s en 7 C’s! 73.2% van die Gr 12’s het simbole tussen A-D behaal. Die volgende vakke het 100% in A-D simbole behaal: Afrikaans 1st Taal, Afrikaans 2de Taal, Biologie, Rekeningkunde en Chemie. JohaN LauBsCher - skooLhoof

Cambridge top three

as hennie smit 1st

mia van Wyk 2nd

Chris fourie 3rd

The top 20 learners in the country have been announced, and we are extremely proud that four learners from our school forms part of the top 20. We congratulate the parents of these learners. heNJaN vaN der hyde - skooLhoof

kamaz Nechvile 1st

angelica Basson 2nd

stefan Gellert 3rd

Despite extreme tribulations because of the disruptions these students had to face due to a horrible pandemic that rocked the world, they still managed to maintain excellent results, writing a complete International External Exam set and marked by Cambridge. We are SO very proud of every single candidate. Of the 121 subjects that were written, the IGCSE group scored a 99.9% pass rate, while the AS students wrote a 115 subjects and scored a fantastic 90%! All six of the top achievers will continue their studies at ISWB, obtaining their AS and A level Cambridge International Certificates at the end of 2022. heNda meyer - headmaster top three

iGCse S Laura damster 1st

ines matins pao alvo 2nd

Zoe madisa 3rd

SPORT

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

11

Sport Troefkaarte kan premierliga se kampioen bepaal

FNB Unam is waarskynlik die gunsteling ná hul vertoning by Trustco U ­ nited se onlangse tienmantoernooi. FOTO ANDREW POOLMAN

Interessante mengsel wag by Reho-toernooi VAN BL. 12 Die vroue-afdeling word ook tussendeur gespeel met vier inskrywings, naamlik Rehoboth I en II, Okahandja Huskies en Unam. Die eerste wedstryd môre is om 07:20 tussen Rehoboth II en Reho Falcon I, gevolg deur Namibië o.20A teen Rosh Pinah om 07:50.

Die uitklopwedstryde begin om 13:45; die vrouefinaal is om 16:05 en die manseindstryd is vir 18:00 geskeduleer. Die organiseerders bedank Castle Lite vir die borgskap. Hekgeld beloop N$30 per persoon, N$10 vir voertuie en N$50 om ’n koelboks in te bring.

VAN BL. 12 “Van ons kant af wens ons die nasionale span sterkte en net die beste toe in die Emirate.” ’n Moontlike Old Boysspan: Gerhard Janse van Rensburg, Wesley Anderson, Dylan Leicher, JP Kotzé (kaptein), Malan K r u g e r, Zhivago Groenewald, Donovan Zealand, Dirk Theunissen, Dian Jacobs, Henry van Wyk, Melrich Robyn. Wa n d e r e r s se moont­like elftal: Niko Davin, JC Balt, Wessel Myburgh, LouisPetrus van der Westhuizen, Michau du Preez, Colin Schoonbee, Louis Peters, Nicolaas Scholtz (kaptein), Ruben Claassen, Danie van Schoor, Dewald Nell. • Old Boys het in Maart 2021 die een-

dagpremierligatitel teen Wanderers vir die tweede jaar in ’n ry gewen. Die gasheerspan het eerste gekolf, maar kon net 149 in 49.1 boulbeurte opstel. JJ Smit met 66 was die tuisspan se voorste lopiemaker, gevolg deur Jan Frylinck met 26. Ruben Trumpelmann (3), Divan la Cock (3), Tangeni Lungameni (2), Craig Williams (1) en Mauritius Ngupita (1) het die paaltjies laat kantel. Die aanvangspaar van Williams (68) en Wimpie Viljoen (63*) het dié eindstryd aan die kraag beetgekry en saam met Gerhard Erasmus (9*) en elf ekstras binne 28.5 boulbeurte die wentelling van 151/1 bereik. – tielman@republikein. com.na

LP van der Westhuizen het van 2006 tot Februarie 2018 vir Namibië gespeel. Laas November het hy in ‘n T10-eersteligawedstryd vir Wanderers se tweedes teen Old Boys II by United 126 nie uit nie van net 33 balle geblits, met 16 sesse en vyf viere. FOTO ARGIEF

12 SPORT

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Sport SPORT FIXTURES FRIDAY 4 March, 2022 Mountain biking at Farm Windhoek FNB School MTB series (ages U8-U19) 

From 14:15

Hockey, NHU Bank Windhoek Indoor premier league (week 2) Showgrounds: Saints I v Saints II (women) 19:00 20:00 Showgrounds: Saints v Whk Old Boys (men) SATURDAY 5 March, 2022 Athletics in Oshakati Athletics Namibia Grand Prix 5

09:00–13:00

Cricket Namibia premier league (50 overs) FINAL at Wanderers: Samsung Wanderers v Ceiling Centre WHS Old Boys 09:30 Hockey, NHU Bank Windhoek Indoor premier league (week 2) 17:00 Showgrounds: Saints I v Whk Old Boys (women) Showgrounds: Sainst II v DTS (women) 18:00 Mountain biking at Farm Windhoek Nedbank Rock & Rut cross country series, event Zero. All ages groups. Netball, MTC Namibia premier league at Patrick Iyambo police college, Olympia 11:00 Eleven Arrows v Grootfontein Afrocat Lions v Rebels 12:20 13:40 Tigers v Northern Fly Ballers 15:50 Nam Correctional Services v Young Stars 17:00 Navy v Nampol Blue Waters v Mighty Gunners 18:30 Swimming at Oanob Dam Pointbreak 5 km Open Water challenge at 11:00. Followed by Sunday’s races over 700 m (09:30) and 2.1 km (10:00) and prize-giving at 12:00. Football, English Premiership Leicester City v Leeds Burnley v Chelsea Aston Villa v Southampton Newcastle v Brighton Wolverhampton Wanderers v Crystal Palace Norwich v Brentford Liverpool v West Ham

14:30 17:00 17:00 17:00 17:00 17:00 19:30

Rugby, Currie Cup Kimberley: Tafel Lager Griquas v Vodacom Bulls Bloemfontein: Toyota Free State XV v Sigma Lions

14:30 17:00

SUNDAY, 6 March, 2022 Cricket, ICC Cricket World Cup League ODI: Namibia Eagles v Oman

07:30

Netball, MTC Namibia premier league at Patrick Iyambo police college, Olympia, A and B Courts 08:30 A: Tigers v Young Stars B: Nam Correctional Services v Northern Fly Ballers 08:30 09:40 A: Eleven Arrows v Rebels B: Afrocat Lions v Grootfontein 09:40 10:50 A: Navy v Mighty Gunners 10:50 B: Blue Waters v Nampol

Troefkaarte kan premierliga se kampioen bepaal Tussen die twee finaliste is nege spelers uit weens nasionale verpligtinge – wat ruimte skep vir onverwagse uitskieters om na vore te tree.

» Krieket › Tielman van Lill

C

eiling Centre WHS Old Boys en Samsung Wanderers sal môre in Krieket Namibië se premierligafinaal (50 boulbeurte) by die Wanderers-veld in Pionierspark sonder hul nasionale spelers die wa deur die drif moet trek. Die Namibiese Eagles het gister na die Verenigde Arabiese Emirate vertrek, waar hulle vanaf Sondag vyf ­een­dagwedstryde teen Oman en die gasheerspan in ’n ICCreeks sal speel. Wanderers en Old Boys het onderskeidelik eerste en tweede op die puntelys geëindig en ook sonder moeite hul semifinale teen Trustco United en CCD Tigers gewen. Wanderers was die enigste

onoorwonne span, met ’n ­ orwinning in Pionierspark en ’n o dramatiese gelykopwedstryd by Vegkop in sy twee ontmoetings met die ligbloues dié seisoen. As houers van die trofee sal Old Boys egter môre sonder n asionale spankaptein die ­ Gerhard Erasmus, Craig Williams, Ruben Trumpelmann, Zane Green en Tangeni Lungameni moet k ­ laarkom. Spelers soos Dian Jacobs, Dirk Theunissen en Wesley Anderson van hul tweede span kan die nodige plekke volstaan. Wanderers moet op sy beurt plaasvervangers vir Bernard Scholtz, Jan Frylinck, JJ Smit en Karl Birkenstock aanwys. In die Wit Hingste se tweedespan is egter ’n hele klomp gesoute spelers wat geen span in die steek sal laat nie, soos Colin Schoonbee, Dewald Nell, Ewald Steenkamp, Gerhard Lotter, LP van der Westhuizen en Wessel Myburgh. JP Kotzé, kaptein van Old Boys wie se 259 lopies dié seisoen net deur Williams (339) oortref word, het aan Republikein gesê: “Natuurlik sien ons uit na die finaal. Ons het ’n lekker jong span met verskeie o.19-spelers

Donovan Zealand van WHS Old Boys se 13 paaltjies hierdie seisoen word net deur Bernard­Scholtz (14) oortref. FOTO ANDREW POOLMAN wat inkom. “Ons het ’n baie goeie seisoen agter die rug en sal graag die seisoen met ’n beker wil afsluit. Die kompetisie tussen ons en Wanderers was deurentyd tops en gebalanseerd. “Dis net jammer die nasionale spelers is nie beskikbaar nie. “Old Boys het ’n goeie mengsel van ervare seniors en junior spelers in die span. Ek glo ons sal as ’n span weer kan kliek en hopelik bietjie silwerware klub-

huis toe bring.” Nicolaas Scholtz, kaptein van Wanderers, het gesê: “Ons het lekker voorberei en sien uit na Saterdag. Ons het niks om te verloor nie, so ons gaan net speel en die wedstryd geniet. Gelukkig het ons ’n sterk spelerspoel en ek weet die manne wat gaan instaan, sal hul kant bring. “Ons het ’n klein verrassinkie vir Saterdag, maar ek gaan nie sy naam nou noem nie. NA BL. 11

Interessante mengsel wag by Reho-toernooi

» Sewesrugby › Andrew Poolman

Rosh Pinah-rugbyklub is die verste reisende besoekers (minstens 636 kilometer vanaf die land se suidelike grens) van die tien spanne wat vir FNB Rehoboth-rugbyklub en Castle Lite se sewestoernooi môre ingeskryf het. Die gedugte FNB Unam ondersteun die toernooi met drie spanne en sal gewis hoë verwagtinge hê om met die wentrofee en prysgeld weg te stap. Die klub se hoofafrigter David Philander was immers self tevore ’n uitblinker as speler en ook tot

onlangs afrigter van die nasionale sewesspan. Op papier behoort die twee spanne van Namibië Onder 20 ook sterk teenstand te bied. Afrigter Chrysander Botha se oefengroep van 45 spelers is ná hul proewe in Januarie uitgesoek en berei voor vir Rugby Afrika se Barthes-toernooi wat vanaf 9 tot 17 April in Nairobi, Kenia voorlê. Na verneem word, kan die o.20toerspan reeds volgende week aangekondig word vir die toernooi waarin nie net vier nie, maar agt lande (Madagaskar, Senegal, Tunisië, Zimbabwe, Ivoorkus, Namibië, Zambië en Kenia) mekaar in ’n kwarteind-, halfeind- en uitspeelwedstry-

TAFEL LAGER BEER 6X330ML CANS/BOTTLES

N$4799

NOT

FOR SALE

TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18

Berry Gande en sy FNB Unamspanmaats se ondersteunende spel was hoe later, hoe kwater tydens hul triomftog by die Trustco United tienmantoernooi op 12 en 13 Februarie. FOTO ANDREW POOLMAN

de vir finale posisies die stryd sal aansê. Die gasheerklub Rehoboth en sy buurman Reho Falcon kan egter glad nie misgekyk of onderskat word nie – veral in die kort formaat met wedstryde in twee helftes van sewe minute. FNB Western Suburbs, wat aanvanklik ook ingeskryf het, het egter vandeesweek sy span onttrek. Die tien spanne speel in ’n enkele afdeling en is soos volg gegroepeer: GROEP A: Unam I, Namibië o.20B, Rehoboth III. GROEP B: Rehoboth I, Reho Falcon II, Unam II. GROEP C: Namibië o.20A, Reho Falcon I, NA BL. 11

CASTLE LITE BEER 660ML RB

N$1799

2

NUUS

Republikein

REDAKTEUR

NUUSREDAKTEUR

Dani Booysen 081 129 3781 / 061 297 2038 [email protected] Carmen Stenger 081 239 7664/061 297 2102 [email protected]

WEER

GENL. MURTALA MUHAMMEDRYLAAN. POSBUS 3436, WINDHOEK ISSN 1560-9448 TEL: 061 297 2000 | VOLG ONS OP:

KONTAKPERSONE

BEMARKINGSKOÖRDINEERDER

Vrydag 4 Maart 2022

Ronelle Rademeyer 081 127 8159 / 061 297 2114 [email protected] ERONGO

Otis Finck 081 299 1211 [email protected] Faks: 064 403 451

E-POS: [email protected]

Inval verpletter wêrelddroom VAN BL. 1

Haar vriendin en haar kind het veilig in Duitsland aangekom. Haar man het in Kiëf agtergebly om die weermag te help. “Ek kan myself nie indink waardeur sy gaan nie. Sy het hom agtergelos met die wete dat sy hom dalk nooit weer gaan sien nie.” Volgens Grechishkina is Oekraïners ’n vredeliewende nasie. “Ons wil net blomme en koring plant, maar die oomblik wanneer ons in gevaar is, dan verander ons in ’n kwaai nasie. Ons beskerm ons land; ons het nie nodig om ander mense se land oor te neem of aan te val nie. Ons het genoeg van ons eie goed en dalk is dit die trekpleister. Ons het baie natuurlike hulpbronne. Ons het nog nooit iemand aangeval nie. Ons skiet net op julle want julle is in ons land om ons dood te maak. Ons sal onsself en ons land verdedig.” Sy is onseker oor die toekoms. “Ek kan nie soos normaal aangaan en maak asof niks gebeur het nie. Ek kan nie op die pad konsentreer nie en my gedagtes is nie waar dit moet wees nie. Ek kan dit nie geniet nie en foto’s in die sosiale media plaas van plekke waar ek is nie. Ek wil ’n bydrae lewer. Ek is net nie seker hoe of wat ek kan doen nie. Ek het geen spesifieke vaardighede nie. Ek kan nie ’n wapen vashou nie, maar ek het hande en ek kan van hulp wees. Ek weet egter ook ek kan nie net teruggaan en rondhang nie; anders is ek ’n las vir mense wat weet wat hulle doen.” Sy is elke dag in

SPORTNUUS

Andrew Poolman 081 247 2837 / 061 297 2011 [email protected]

STREKE

Grootfontein: Elvira Hattingh @ 081 737 3235 Keetmanshoop: Monique Adams @ 081 245 4688 Otjiwarongo: Enzo Amuele @ 081 568 6675 Ongwediva: Tuyeimo Haidula @ 081 339 3112

VERKOPE EN AFLEWERING Ettienne Kotze 081 244 0928 [email protected] Tel: 061 297 2171

’n Publikasie van NAMIBIA MEDIA HOLDINGS (Pty)Ltd, gedruk deur NEWSPRINT NAMIBIA (Pty)Ltd.

kontak met vriende en familie wat nog in Kiëf is. “Ek is bekommerd oor hulle, want die situasie vererger elke dag. Hulle is op pad na Kiëf, die hart van die Oekraïne en hulle vernietig alles in hulle pad. Hulle het Kharkiv, die tweede grootste stad, klaar vernietig. Skole, hospitale, alles word aangeval. Dis soos ’n nagmerrie waarvan jy nie kan wakker word nie.” Volgens haar is baie verwoesting gesaai en nadat Kharkiv vernietig is, kan sy haarself nie indink wat met Kiëf gaan gebeur nie. “My trane loop as ek net daaraan dink. Kiëf is vol geskiedenis. Daar is kerke wat duisende jare oud is. Hulle sal al die historiese skatte vernietig. Ons kan die geboue weer herbou, maar hulle het dan geen siel meer nie. Hulle sal leë doppe wees.” “Ek weet nog nie wat my volgende stap is nie. Dis die moeilikste besluit wat ek nóg moes neem. Ek was meer as agt jaar gelede in die Oekraïne. In my hart is ek ’n nomade en ’n burger van die wêreld, maar ek moet my land help. Ek is nie seker hoe die pad vorentoe lyk nie of wat gaan gebeur wanneer ek terug na die Oekraïne keer nie. Ek weet nie hoe lank ek daar gaan bly nie, maar ná die oorlog sal vele hande benodig word om alles te herbou. Dalk kan ek nou help met die taalgrens aangesien van my landgenote nie Engels kan praat nie en nou sit hulle in vlugtelingkampe. Talle van die mense wat hulp verleen, praat nie Oekraïens nie en ek kan beide tale praat. Ek kan van hulp wees.” Volgens haar is die oorlog groter as net twee lande en keer die Oekraïne dat die oorlog na die res van Europa versprei. “Ons het vier kragstasies. Tsjernobil is nou in Russiese hande. Ons het nog drie. Verbeel jouself ’n missiel tref een van hulle. Die nagevolge van dit, of as Poetin ’n kernbom afstuur, sal buite die Oekraïne na Europa en na die wêreld versprei. Dit moet nou gestop word voordat ons met ’n Derde Wêreldoorlog sit.”

VOORUITSIGTE

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die suide en weste. Andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die sentrale noorde. Geïsoleerde donderbuie sal in die Kavango- en Zambezistreek voorkom. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm. GETYE BY WALVISBAAI: H: 04:38 L: 10:40 H: 16:54

WINDHOEK RUNDU OSHAKATI GOBABIS MARIENTAL KEETMANSHOOP WALVISBAAI LUANDA JOHANNESBURG KAAPSTAD

16° 18° 18° 14° 20° 14° 14° 24° 15° 18°

28° 31° 34° 32° 32° 28° 28° 34° 24° 24°

Namibië het Woensdag buite stemming gebly in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) toe Rusland oor die kole gehaal is oor sy inval in Oekraïne. FOTO NAMPA/XINHUA

[email protected]

Namibië 2de keer buite stemming VAN BL. 1

‘RUSLAND SAL AANHOU VEG’

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lawrof, het gister gesê hoewel dié land daarvan oortuig is ander lande berei voor vir ’n oorlog teen Rusland, sal Moskou “tot die

einde” met hul aanval in Oekraïne aanhou. Volgens Reuters het hy ’n onderhoud met die staatsmedia gesê pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne is die leier van ’n samelewing “waar Nazisme floreer”. Zelenski is ’n Jood.

OLIEPRYS

Die olieprys het gister tot US$120

per vat opgeskiet nadat die VSA Woensdag beperkings op die uitvoer van Russiese olie ingestel het. Dit beteken Namibiërs kan reeds aanstaande maand Rusland se oorlog teen Oekraïne aan hul beursies voel wanneer brandstofpryse waarskynlik wéér skerp sal styg. – [email protected]  

* Bronne: AP/AFP/BBC/Netwerk24

VALID UNTIL SUNDAY 06 March 2022 E&OE

N$89 99/kg BEEF LEAN MINCE

Combo 99 N$11 Knorr 50g

N$2799

1kg Polona Spaghetti/Elbows/Mac

Vrydag 4 Maart 2022

» Boer op Grootfontein erg geteister

Veertien beeste in vyf maande gesteel Buiten dat veediewe hom voortdurend teister, is die bejaarde mnr. Arnold Huber ook al op sy plaas aangeval en moet hy kort-kort veediewe agterna sit.

› Elvira Hattingh

V

eediewe het die afgelope Maandag die 14de bees in vyf maande op mnr. Arnold Huber se plaas Otjirukaku in die Grootfontein-distrik geslag. Dié keer het hulle sommer oor middagete opgedaag. Intussen is ’n beloning aangebied vir enige een wat inligting kan verskaf wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die verdagtes sal lei. Huber, wat onder ‘n vlaag van misdaad op sy plaas teen die B8-pad tussen Grootfontein en Otavi deurloop, is ook op Kersdag in 2020 op sy plaas aangeval. Láát verlede jaar was daar ook ‘n voorval waar vermeende veediewe met ’n geslagte bees in hul besit betrap is. Een verdagte is tydens die voorval met ‘n jaggeweer raakgeskiet toe daar op sy motor se wiel geskiet is en die koeël die motor binnegedring het. Huber vertel in die jongste voorval het die veediewe een van sy tollies oor ’n lang afstand na hul gestelde strikke toe gejaag, vanaf ‘n pos tot teenaan die pad waar hulle draadstrikke gestel het. “Dit maak dit makliker vir hulle om die vleis na die pad toe aan te dra,” het hy vertel. “Dis die 14de bees wat sedert einde September (by my) geslag word,” het Huber gesê. Hy het ’n foto waarop twee mans verskyn en hy hoop iemand sal hulle herken en hom kontak, want hy glo dit kan lig werp op die ondersoek. Huber sê hulle het Maandag die plek gevind waar die vermeende veediewe langs die pad weggekruip het om vir vervoer te wag. “Twee mense het weggehardloop toe ons naby aan dié plek kom,” het hy gesê. Huber se plaas is digby die John Pandeni-navorsingsplaas geleë. Boere in die gemeenskap sê talle werklose mense “hang doelloos op die staatseiendom rond” en meen sommige kriminele aktiwiteite

Die mans in die foto word gesoek aangesien hulle moontlik kan help met die ondersoek na veediefstal op mnr. Arnold Huber se plaas Otjirukaku in die Grootfontein-distrik. Bel 081 811 4978 as jy hulle ken. spruit hieruit. Enigeen met meer inligting oor die voorval, kan 081 811 4978 skakel.

VORIGE VOORVALLE

Einde November verlede jaar het Huber ook vermeende veediewe op sy plaas agternagesit, wat met ’n geslagte bees wat aan Huber behoort, in hul voertuig betrap is. Volgens gerugte en foto’s van die voorval wat in die sosiale media versprei is, is onder meer ’n geslagte bees in ’n 23-jarige verdagte en sy passasier se besit gevind. Die 23jarige is in die linkerbeen gewond toe met ‘n jaggeweer op sy motor geskiet is en die koeël die motor binnegedring het. Drie mans het Huber ook op Kersdag in 2020 op sy plaas aangeval waartydens een van hulle noodlottig gewond is tydens ‘n struweling met ‘n geweer. Dit het gebeur nadat iemand vreemde mans op die plaas gewaar en Huber daarvan in kennis gestel

NUUS

Republikein

Bewysstukke: ‘n Veertiende bees in vyf maande is op die plaas Otjirukaku geslag. FOTO’S VERSKAF het. Hy het gaan ondersoek instel en drie mans met ’n waterkan teëgekom. Die mans het gesê hulle soek water vir hul voertuig wat glo onklaar langs die hoofpad gestaan het. Met die aankoms by die hoofpad, was daar egter geen voertuig te sien nie en toe Huber hulle vra waar die voertuig is, het die drie hom aangeval om hom van sy jaggeweer te beroof. ‘n Worsteling het ontstaan en ’n skoot het afgegaan, waartydens een van die mans noodlottig in die bobeen gewond is. Huber is vermoedelik met ’n houtvoorwerp oor die kop geslaan en sy neus en kakebeen was gebreek. Sy kinders het hom bewusteloos asook die oorledene op die toneel gevind, maar die ander mans en sy .308-jaggeweer was spoorloos. Die verdagtes is intussen aangekeer en is verhoorafwagtend. Die jaggeweer is ook teruggevind en tans in die polisie se besit. – [email protected] 

3

Geleenthede wink vir Swakara › Elvira Hattingh

Die Swakara-bedryf is hoopvol dat die verkryging van ’n nuwe internasionale agent vir die verkope van hul pelse, Saga Furs, vir ‘n herlewing in die bedryf kan sorg. Die mark ervaar tans ’n bemoedigende sterker vraag na nispelse. Dit volg nadat verteenwoordigers van die Swakara-raad die afgelope Saterdag na Helsinki, die hoofstad van Finland, vertrek het vir onderhandelinge met Saga Furs en om een van die agent se veilings by te woon. Terselfdertyd het hulle ook sake by Kopenhagen Fur finaal gaan afsluit, terwyl laasgenoemde pelsveilinghuis besig is om te likwideer. Die afgevaardigdes, onder wie die voorsitter van die Swakara-raad, me. Julene Meyer, het op ’n WhatsAppgroep aan produsente gesê vir die eerste keer in etlike jare het hulle dieselfde boodskap uit verskeie kopers se monde gehoor. “Die aanbeveling van ons kopers is dat ons op die regte plek is en ons sal bykomende kopers kry as gevolg van die groter verskeidenheid lande wat by Saga Furs aankope doen. Daar is meer kopers uit Rusland, Turkye en Belarus. “Boonop beweeg kommersiële pelse soos nerts tans stadig en nispelse vaar beter,” het sy gesê en bygevoeg die pryse van pelse van wilde swartwitpens het tussen 15% en 35% verlede week by SoyaPushnina gestyg, terwyl dit by Kopenhagen Furs tussen 40% en 70% toegeneem het. “Nertsverkope was swak, met minder as 10% verkope,” het sy bygevoeg.

Sy meen egter die situasie met Rusland wek kommer omdat dié land vóór die onlangse sanksies, die wêreld se tweede grootste pelsmark was. Boonop was daar geen Chinese kopers op die afgelope Saga Furs-veiling nie, omdat dié land se vereistes van kwarantyn vir terugkerende Chinese uiters streng is. “China vereis dat almal vir 21 dae moet kwarantyn as hulle terugkeer,” het sy verduidelik. Meyer sê kopers by Saga Furs sê hulle verkies die Maart-veiling, terwyl Saga Furs se bestuur saamstem dat dit hul beste veiling is, met aanvullende aankope vir ‘n September-veiling.

AGTERGROND

Die ineenstorting van die mark vir nertspelse láát in 2020 en die gevolglike likwidasie van ­Kopenhagen Fur, het Swakara genoop om ’n ander internasionale agent vir die verkope van pelse te vind. Kopenhagen Fur het in Desember 2020 aangekondig dat dit sy bates oor 24 maande sou likwideer. Toe reeds het Meyer gesê Saga Fur kan dalk ’n goeie alternatiewe internasionale agent wees. Dit het gebeur nadat die Deense regering opdrag vir ’n massa-uitwissing van nertse gegee het nadat ’n mutasie van die coronavirus onder hulle waargeneem is. Die opveil van nertspelse is sentraal tot Kopen­ hagen Fur en Dene was die wêreld se grootste nertsprodusente. Die maatskappy was 90 jaar oud. Die Covid-pandemie het tot dusver egter ‘n ­beduidende impak op die internasionale pelsbedryf gehad,

4

NUUS

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Dissiplinêre proses teen Ngairorue gehalt » ‘Werksomgewing het ondraaglik geword’ Stad Windhoek se bestuurskomitee het gewaarsku dat diegene wat voortgaan om die munisipaliteit se regshoof te vervolg, aanspreeklik gehou sal word om die gepaardgaande regskoste te dek.

diegene wat voortgaan om Ngairo­ rue te vervolg, aanspreeklik gehou sal word om die gepaardgaande regs­ koste te dek. Ngairorue is op rekord waar hy vir Mayumbelo daarvan beskuldig dat hy die veldtog aanvoer om van hom ontslae te raak en dat Mayumbelo hom glo viktimiseer.

› Mathias Haufiku

MAYUMBELO O ­ NBEÏNDRUK

D

ie bestuurskomitee van Stad Windhoek het besluit om alle dissiplinêre prosesse te staak wat teen die munisipaliteit se regs­ hoof, mnr. Ben Ngairorue, ingestel is. Ngairorue was oor die jare onder hewige spervuur weens beweerde growwe wangedrag, ’n kwessie wat hom amper sy werk gekos het. In dokumente wat Republikein se susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, het die bestuurskomi­ tee op 8 Februarie die munisipali­ teit se strategiese uitvoerende hoof vir mensekapitaal en korporatiewe dienste, mnr. George Mayumbelo, opdrag gegee om enige litigasie of dis­ siplinêre sake teen Ngairorue “as ‘n saak van dringendheid te staak totdat die griewe deur die bestuurskomitee aangehoor is”. Die komitee het gewaarsku dat

Mayumbelo was nie beïndruk met die stap om die dissiplinêre verrig­ tinge te stop nie, en het dit as onge­ kend beskryf. Verlede week het hy die waarne­ mende uitvoerende hoof, me. Jen­ nifer Comalie, ingelig dat sy en die bestuurskomitee nie die mag het “om die dissiplinêre verhoor te verskuif nie sodra die dissiplinêre komitee aangestel is nie”. Hy beweer die besluit om die dis­ siplinêre proses teen Ngairorue te staak, is ’n ernstige inmenging en ont­ wrigting van die voortgesette proses. “Dit spreek vanself dat die dissi­ plinêre proses nie afhanklik is van die gevolgtrekking of uitkoms van die grieweproses nie. “Die waarnemende uitvoerende hoof en die bestuurskomitee het ’n plig om ’n onpartydige en professio­ nele afstand te handhaaf oor sake van ’n operasionele aard en om te verse­

George Mayumbelo

STRATEGIESE UITVOERENDE HOOF

“Die benadering en ingryping sal vorentoe onvolhoubare presedente skep wat die potensiaal het om die organisasie in oneer te bring en alle voortgaande en toekomstige dissiplinêre sake van die organisasie sal ondermyn.” ker dat die proses ongeskonde bly,” het hy gesê. “Die benadering en ingryping sal vorentoe onvolhoubare presedente skep wat die potensiaal het om die organisasie in oneer te bring en wat alle voortgaande en toekomstige dis­ siplinêre sake van die organisasie sal ondermyn.”

Mnr. Ben Ngairorue FOTO’S VERSKAF Volgens Mayumbelo het Ngairorue gefaal om verlede maand by die dissi­ plinêre verhoor op te daag. Ngairorue se verskoning was volgens Mayumbelo dat Comalie hom opdrag gegee het om haar na ’n vergadering te vergesel en om eerder die vergade­ rings met die bestuurskomitee by te woon as sy verhoor.

GRIEWE

In sy griefskrif van Januarie 2021 het Ngairorue die raad gevra om in te gryp en om ondersoek in te stel na Mayum­ belo weens magsmisbruik en om die verhouding tussen hom en ’n vrou­ like kollega – ook van die regsafde­ ling – te ondersoek. Hy soek ook ‘n werkende oplossing hangende die afhandeling van voort­ gesette ondersoeke teen hom. In die brief skryf Ngairorue dat hy aan “sis­ tematiese viktimisasie deur Mayum­ belo” onderwerp is. Ngairore sê die werksomgewing het ondraaglik geword. “Ek was reeds afgeboek vir depres­ sie en potensiële angs dat die situasie my algehele gesondheid en welstand sal benadeel as die saak nie as ’n saak

Mnr. George Mayumbelo

van dringendheid hanteer word nie.” Hy het bygevoeg dat hy die bestuurs­ komitee se ingryping benodig omdat hy nie vertroue het dat die saak deur sy onmiddellike hoof opgelos sal word nie. “Ek is vertroulik deur ’n bron aan die einde van Desember 2020 ingelig dat mnr. Mayumbelo hard werk om my geskors te kry en uiteindelik uit die amp as die korporatiewe regsadvi­ seur te verwyder,” het hy gesê. Mayumbelo het verlede jaar ontken dat hy enige persoonlike vendetta teen Ngairorue het. “Mnr. Ngairorue is verskeie kere aangekla deur beide die vorige uit­ voerende hoof en ander waarne­ mende uitvoerende hoofde voordat ek hom ook vir ernstige wangedrag aangekla het. “Hierdie veelvuldige klagtes is nog nie afgehandel nie as gevolg van die benaderings wat hy volg. “Ek het geen persoonlike agenda teen hom nie.”

[email protected]

Tronkbeamptes aangekla ’n Gevangene in een van Namibië se tronke dagvaar die kommissarisgeneraal van die korrektiewe dienste, die adjunkkommissaris wat die hoof van die tronk is, die tweede in bevel en twee superintendente, asook vyf wagte vir sowat N$2,5 miljoen. Die eiser, wat ’n vonnis van 35 jaar uitdien, beweer hy is op 16 Desember 2019 onwettig geboei en aangerand. Hy eis N$800 000 vir onwettige boei en aanranding, N$50 000 vir trauma en N$1,2 miljoen vir grondwetlike ska­ devergoeding.

‘NORMALE ROETINE’

Die eiser beweer hy is na een van die verweerders se kantore geneem waarna vier tronkbeamptes die kantoor binne­ gestorm het. Een van hulle het na bewe­ ring boeie vir hom probeer aansit waarna hy in selfverdediging ’n rekenaarmoni­ tor gegryp het. Volgens hofstukke het dit ’n stoeiery tot gevolg gehad en die verweerders het die monitor by hom afgevat. Hy beweer een van die mans het hom met die boeie oor die kop geslaan voordat

hy dit aangesit het. Hy is glo na ’n ander kamer geneem waar die verweerders vrae aan hom gerig het. Vyf van die verweerders het hom glo in dié kamer geskop en geslaan. “Ek het besef dis normale roetine hier om oortreders te boei,” lui die eiser se hofstukke. “Hier word oortreders geslaan. Dis hoe ons oortreders hanteer wat dink hulle is slim. Moenie sê jy het regte nie. Hier het oortreders nie regte nie,” luidens die eisers se hofstukke. Die tronk sê geen van sy werknemers het onregmatig of nalatig opgetree nie. “Die verweerders pleit dat die eiser die fasiliteit ontwrig het deur die eetsaalry te blokkeer,” lui die hofstukke. Hulle ontken dat die eiser ooit aan­ gerand is. “Hy was geboei omdat hy aggressief en gewelddadig teenoor die wagte opgetree en staatseiendom in die proses beska­ dig het. Die boeie is afgehaal nadat hy gekalmeer het.” Die saak is tot 29 Maart vir skikkings­ onderhandelinge uitgestel. – [email protected] 

NUUS

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Kombat kry grasie vir elektrisiteit

kwessie van Kombat se kragverskaffing volgens hom op die agenda was. By die plaaslike poskantoor het ’n bron op die dorp Maandag gesê die ligte bly nog aan en die algemene gemoed is goed ná die heropening van die kopermyn. “Mense is gelukkig sedert die myn (verlede jaar) heropen het. Van hulle is deeltyds aangestel en ander permanent,” vertel sy.

» Cenored neem kragverskaffing oor ’n Myndorp in die noorde van die land moet meters en beter infrastruktuur installeer om die voorsiening van elektrisiteit te verseker.

die streek te voorsien,” het sy gesê. Shikongo se indruk dat Cenored reeds Maandag Kombat se dienslewering sou oorneem, is egter veels te vroeg, volgens Cenored se woordvoerder, mnr. Charlie Matengu.

› Augetto Graig

WIE BETAAL?

K

ombat se krag sal eers op 11 Maart om 09:00 afgesny word. Dit is volgens ’n nuusvrystelling wat NamPower onlangs uitgereik het. Die aanvanklike afsnydatum was 28 Februarie. Die elektrisiteitskontrak tussen NamPower en Congo Namibia Trading het Maandag verval, en sal nie hernu word nie. NamPower sê Congo Namibia Trading skuld meer as N$29 miljoen aan die nasionale kragverskaffer. “Congo Namibia se rekening groei onverpoosd, terwyl die onderskeie entiteite geen aanspreeklikheid neem nie,” luidens NamPower se vrystelling. Intussen het die woordvoerder van die Otjozondjupa-streekraad, me. Cornelia Shikongo, bevestig die raad bestuur die nedersetting, en is verantwoordelik vir die voorsiening van munisipale dienste. “In terme van kragvoorsiening aan die Kombat-nedersetting, kontak asseblief vir Cenored aangesien hulle opdrag gegee is om elektrisiteit aan

Matengu sê daar is twee kliente in Kombat – die kopermyn Trigon Metals wat sedert 10 Desember verlede jaar krag van Cenored ontvang, en die nedersetting. “Ongelukkig is dit nie waar dat Cenored reeds vanaf 1 Maart dienslewering kan oorneem nie. NamPower sal steeds tot 11 Maart elektrisiteit aan die dorp moet voorsien,” sê hy. Die proses is ook nie só eenvoudig dat dit in ’n paar weke afgehandel kan word nie, brei hy uit. “Inwoners het nie eens kragmeters nie, en ons sal van die infrastruktuur moet opgradeer. Ons sal ook meters moet installeer voor ons kan oorneem. Hoe anders gaan ons ’n inkomste genereer en fakture uitstuur?” vra hy. “Ons moet nog met die inwoners in kontak tree, om hulle in te lig,” sê hy. Cenored moet versigtig wees aangesien daar reeds skuld van N$29 miljoen bestaan, volgens hom. Vorige mediaberigte dui daarop dat inwoners nie Congo Namibia Trading vir elektrisiteit en ander dienste betaal het nie. Die sakeman mnr. Knowledge Katti

5

Charlie Matengu

CENORED-WOORDVOERDER

“As iemand sou sê hier is die geld, doen ons dit gou, maar kapitaal is ‘n kwessie.”

Trigon Metals se Kombat-kopermyn het onlangs sy eerste vrag koperkonsentraat na ‘n Walvisbaaise pakhuis begin stuur ter voorbereiding vir verskeping. FOTO AUGETTO GRAIG

is Congo se eienaar en besit 10% aandele in die kopermyn.

CENORED GEWILLIG

Matengu kon egter bevestig Cenored het goedkeuring ontvang om elektrisiteit aan die gemeenskap te voorsien, en het ook ’n versoek in dié verband vanaf NamPower gekry. “Ons is gewillig. Dit val binne ons veld van kundigheid,” sê hy, “maar daar is kriteria waaraan ons eers moet voldoen. “Dit sal dinge vertraag. Die probleem is die koste van die meters en

die opgradering van die netwerk. “As iemand sou sê hier is die geld, doen ons dit gou, maar kapitaal is ’n kwessie. Ons het ook nie vir dié ontwikkeling begroot nie,” voeg hy by. Volgens Matengu kan die toerusting en die werk sowat N$4 miljoen beloop. “Die streekraad het geld aangevra, want hulle het ook nie. As onderneming probeer ons kyk hoe ons kan in kom, wat ons eers kan uitstel ensovoorts,” het hy Maandagmiddag gesê voor hy na ’n uitvoerende vergadering teruggekeer het, waarin die

Trigon Metals, wat op die Kanadese aandelemark handel dryf, het Maandag die aflewering van die eerste vragmotor met koperkonsentraat op Walvisbaai aangekondig. “Hierdie eerste vrag is laat verlede week vanaf die myn by IXM-pakhuise op Walvisbaai afgelewer. Die vrag het 31 droë metrieke ton konsentraat bevat, wat uit 20,41% koper en 265 g/t silwer bestaan het. “Die vrag is die eerste van 400 ton konsentraat wat nou by die Kombatmyn geproduseer en geberg word. Die res van die konsentraat sal na die IXM-pakhuis vervoer word en hierdie week as verkoop opgeteken word, luidens hul vrystelling. “Die meule is besig om vordering te maak en ons werk teen ’n kapasiteit van 70%, wat meer as 35 ton konsentraat per dag produseer. “Ons is stelselmatig besig om die pad na kommersiële produksie oop te grawe,” het mnr. Jed Richardson, president en uitvoerende hoof van Trigon, gesê. – [email protected]

6

AGRI MONITOR

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Boere vrees nóg skerp stygings in kunsmispryse

Pryse op koringmark 28% hoër as laas week

Rusland moet koffiehandelaars vooruit betaal

Sanksies teen Rusland kan internasionale kunsmispryse, wat die afgelope jaar reeds skerp gestyg het, selfs verder opjaag. Aangesien nagenoeg 80% van die kunsmis wat Suid-Afrikaanse boere gebruik ingevoer word, sal plaaslike produksie– Netwerk24 koste styg. 

Die prys van koring op die Chicago-graanbeurs het vandeesweek reeds meer as 28% gestyg, mielies met 1,8% en sojabone is 0,8% duurder. Rusland se inval in die Oekraïne wakker vrese van massiewe ontwrigting in uitvoere uit die – Reuters Swartsee-gebied aan. 

Koffiehandelaars in lande soos Brasilië soek vooruitbetaling in enige nuwe bestellings om bone aan Rusland te lewer, aangesien Westerse sanksies die finansiële stelsel van die wêreld se sesde grootste invoerder hard getref het. – Reuters

Paul Potgieter in sy element op ’n stroper. FOTO VERSKAF

Jong boer plant 50 000 mielieplante per hektaar

» Tegnologie moet toekoms inlei ’n Jong akkerbouer meen méér jonges sal dalk die bedryf betree as koöperasies produksie­ lenings toestaan, terwyl Namibiese landbou daarna moet streef om te moderniseer.

› Elvira Hattingh

“E

k is baie lief vir boer. Maar moenie dink boerdery gaan jou gou ryk maak en dit ’n sakebesluit maak nie. Jy moet ’n liefde daarvoor hê.” Só gesels die 25-jarige akkerbouer Paul Potgieter, wat vanjaar mielieplante op 330 hektaar (ha) droëland op die plaas Fairview geplant het. Hy, sy broer Jannie en hul pa Paul (sr.) doen dinge egter ietwat anders op dié Noordeplaas. Op hul lande staan daar 50

000 mielieplante per ha. “In Namibië plant boere gemiddeld 20 000 tot 28 000 mielieplante per ha op droëland, terwyl spilpuntboere nie graag hoër as ’n plantestand van 50 000 gaan nie. Hulle plant gewoonlik tussen 42 000 en 52 000 mielieplante per ha,” verduidelik Paul. Fairview se Potgieters het egter ’n “berekende kans” gevat deur so ’n hoë mieliestand op droëland te beproef. Hoë leem- en turfgrond, wat vog baie goed behoue laat bly, kom op die plaas voor.

“Ons het die vogtigheid van die grond getoets deur kort ná strooptyd – in die wintermaande of in Augustus of Oktober – proefgate te grawe. Die vogvlakke was nog baie hoog vanweë verlede jaar se baie reën. “Dis grotendeels die rede hoekom ons besluit het om 50 000 plante per ha te plant,” sê Paul. Hulle beplan om weer vanjaar ná strooptyd die grondvog te toets en hul besluit oor die komende seisoen daarop te baseer. “Ek dink elke jaar sal my plantestand dus verskil,” sê hy. Fairview het verlede jaar 1 100 mm reën gehad, wat daartoe gelei het dat baie van hul mielieplante versuip het – juis omdat die grond die water goed behou. “Ons het besluit om ons plantestand baie hoër te maak sodat ons die water kan benut. Anders is daar te veel water wat net wegloop.” Paul sê met verlede jaar se baie reën het die kolle op hul lande wat sanderige grond bevat, baie beter gedoen. Daarteenoor het die dele met turf- en leemgrond té veel water gehou en het dit “soos damme” gestaan. “Daar was 40 ha wat ons nie eens gestroop het nie, want dit het heeltemal versuip,” vertel hy.

GEENBEWERKING

Die Potgieters pas ook

geenbewerkingsmetodes op hul mielielande toe. “Daar is baie teorieë daaroor – of dit werk of nie. Volgens my werk dit baie goed, want so beskerm jy jou grond en bogrond.” Hy meen ’n gewone sny-eg (disc-implement) kan die grond eindelik kompakteer, terwyl dit ook lewendige organismes soos erdwurms doodmaak. Hy is ook van mening dat die meer omgewingsvriendelike geenbewerkingsmetode hand aan hand met die gebruik van GMO-mielies gaan – iets wat ingevolge die wet egter nie in Namibië geplant kan word nie. “Dit gaan oor kostebesparing. Met jou gewone mielies is jou gifrekening baie hoër. As die regering vir ons die groen lig vir GMO’s kon gee, dink ek sal baie meer boere die moed hê om te begin plant. Jou kostebesparing is soveel meer omdat jy dan nie vir onder meer wurms hoef te spuit nie.”

OESVERWAGTING

Paul sê hulle het reeds op 29 November saad begin plant, want toe het hulle al tussen 80 mm en 100 mm reën ontvang. “Ons grondvog was toe al reg,” het hy vertel. Hy sê hulle was gelukkig dat hulle opvolgreën ontvang het en toestande vir die mielieplante vanjaar eintlik “perfek” was. “Ons staan tans op 483 mm,” sê hy.

Die 25-jarige ­akkerbouer Paul Potgieter, wat landbougrense saam met sy pa en broer op die plaas Fairview verskuif. FOTO ELVIRA HATTINGH

Hy sê dit is moeilik om voor die tyd oor oesverwagtinge te praat. “My pa het ‘n sêding: ‘Ons sal weet as die stroper loop’. “Sover lyk dit egter baie goed. Ons het bemes vir 5 ton per ha. Ek verwag ’n minimum van 5 ton, maar sover lyk dit beter. Ek skat ons gaan minimum 6 tot 6 en ’n halwe ton per ha afhaal,” het hy gesê. Paul sê op sy plantestand en insetkoste, breek hy gelyk op 2,1 ton per ha. “Alles bo dit is dus jou wins,” het hy gesê. Hy sê as die regering akkerbouers egter die groen lig kan gee om GMO’s te plant, kan hulle hul gelykbreekpunt verlaag en hul winste verhoog.

DIE REGTE PLAAS

Die Potgieters se wortels lê in Namibië. Hulle het in 2010 van die Vrystaat terug na Namibië verhuis en Paul het in 2016 sy matriekjaar voltooi. Daarna het hy vir ’n jaar op ’n plaas in Amerika gaan werk. Met sy terugkoms het hulle vir twee jaar na die

AGRI EXPO dag

Sat. 2 April 09H00

op die PLAAS

Mielies in saad op Fairview. FOTO VERSKAF

KLEINVEE 09 MAART 2022

geskikte plaas gesoek. Hulle het saam besluit dat Fairview, wat sowat 120 km noordoos van Tsumeb en 100 km noord van Grootfontein geleë is, die regte plaas is. “Die water hier lê op 3 meter. Hier is sterk water. Ons het gepraat en ek en my pa en broer het besluit dit is die beste plaas vir ons. Ons het gedink ons kan diversifisering hier toepas – wild, bees en ak-

AGRI MONITOR

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

kerbou.” Paul sê hulle het aanvank­lik met beesboerdery op die plaas begin en is besig om die plaas se drakrag optimaal te benut deur ontbossing toe te pas. Tans is hul drakrag sowat 1 bees per 8 ha. Hulle het ook wild, maar fokus grotendeels op die plaaslike mark, of sogenaamde biltongjagters. Dis nou hulle vierde jaar op Fairview.

TEGNOLOGIE

Paul het in Amerika op ’n plaas gewerk waar hulle katoen, mielies, sojabone en rys geplant het en daar gesien hoe tegnologie in landbou optimaal benut kan word. “Ek het baie dinge daar geleer. Ons het dus ook van die begin af besluit ons gaan dit reg doen en die gepaste toerusting en tegnologie aankoop.” Hy meen dit is onaf-

wendbaar dat die landboubedryf tegnologie optimaal gaan moet benut, omdat dit aan die einde van die dag verskeie kostes uitskakel. Paul se toekomsplan is om heeltemal na presisieboerdery oor te skakel. “Op dié manier spaar jy so baie op klein goedjies. As jy die klein uitgawes kan verlaag, is dít wat jou op die ou end gaan maak of breek.” Hy sê egter dit is duur om die tegnologie aan te koop wat vir presisieboerdery benodig word. Hy beplan ook om binne die volgende vyf jaar spilpunte op te sit. “Ons wil twee soorte gewasse plant - mielies in die mielietyd en koring in die winter – sodat jy twee oeste kan hê.” Hulle oorweeg ook om gewasse soos onder meer suikerbone saam met die mielies te plant. “Dis goeie diversifisering, omdat jou suikerbone baie minder water benodig. So 350 of 400 mm reën is genoeg. Paul sê dit kan help in die droër jare, wanneer daar nie genoeg reën vir die mielieplante is nie en

die suikerbone jou dan deur die seisoen kan help.

BOEREHART

“Ek het altyd geweet ek wil boer. Dit was ’n liefde vir my van kleins af. Ek en my broer het van kleins af saam met my pa geboer. Ons het naweke en vakansies op die plaas gewerk; daar was nie tyd vir rondspeel nie. “Ek dink dit is waar die verskil tussen ’n sakeman en ’n boer inkom. Vir ’n sakeman gaan dit net oor die syfers. Boerdery is definitief nie net dít nie; dit is ’n liefde. As jy nie ’n liefde vir boerdery het nie, dink ek nie jy gaan dit maak nie,” sê hy. Paul sê jong boere wat wil begin boer, behoort ’n goeie mentor te kry – iemand wat positief is oor landbou se toekoms in die land. Hy meen ook landboukorporasies kan baie meer jong boere help om ’n voet in die deur te kry deur produksielenings toe te staan. “In Suid-Afrika reik korporasies produksielenings uit. Daar word eers ’n inspeksie op jou plaas gedoen om te sien

of jy die kapasiteit gaan hê om die gegewe gewas te produseer. “As jy die lening kry, gaan die korporasie ’n ooreenkoms met die silo aan dat die betaling vir die eerste deel van jou oes gaan om jou produksielening terug te betaal,” verduidelik Paul. “So iets sal jong boere ’n kans gee en motiveer om te begin plant, al is dit net eers 30 of 50 ha. Ek glo as ons korporasies dit kan doen, sal Namibië eindelik die 130 000 ton mielies wat ons plaaslik verbruik, alles self kan produseer.” Sy raad aan jong boere is om hard te werk en elke

7

dag 110% te gee. “As jy jou beste gee en dis ’n mislukking, dan kan jy nog steeds vanaand vir jouself in die spieël kyk en sê: ‘Ek het my bes gedoen’. “As jy in jou hart weet jy het jou beste gegee, dan is dit goed genoeg.” Paul se raad aan ouer boere is om landboutegnologie te begin benut en te moderniseer. Hy vra ook dat hulle jong boere moet bemagtig. “Wees positief. Sê vir hulle dit is moeilik, dit is harde werk en jy moet jou kant bring, maar ek het dit gemaak en dus kan jy ook.”  – [email protected]

Gereed om te plant, met onweerswolke in die agtergrond. FOTO VERSKAF

8

FOKUSARTIKEL

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Olifante ambassadeurs vir redding van oerroetes » Uriene, mis langs wildkorridors is ‘kommunikasiestasies’ › Engela Duvenhage VRYSKUTJOERNALIS

wild-beweging in die streke toe te laat. Die WFR-span sal ook bestudeer hoe spesifieke spesies hierdie korridors benut. Die werk sal aangepak word in samewerking met belanghebbers en plaaslike gemeenskappe. Die program se wetenskaplike adviseur is prof. Michael Samways, ’n emeritus-professor in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie, wat die Mondi Ekologiese Netwerkprogram gekonseptualiseer het. Hierdie program het die bosboubedryf gehelp om funksionele ekologiese netwerke en korridors binne hul plantasies te skep om beter biodiversiteitsbewaring te kan toepas. Groter vryheid van beweging is iets wat die 12 000 olifante in die Gonarezhou ­Nasionale Park in Zimbabwe (deel van die GL-oorgrensbewaringsgebied) byvoorbeeld d ­ ringend benodig. “Die oorbevolkingskwessie van olifante in Gonarezhou is meer ’n ruimtelike ­probleem as een van getalle. Hoe en waar skep ons ­veiliger verbindingsroetes na bewaringsgebiede noord en oos daarvan, en hoe verseker ons dat hulle deel is van ’n funksionele eko­ logiese netwerk? “Interessant genoeg gebruik olifantkoeie en -bulle ekologiese netwerke verskillend. Koeie en hul kalwers is risiko-sku, en bly dus eerder in ‘veilige ruimtes’ soos nasionale parke. Bulle swerf makliker rond oor streke en selfs lande heen, en word nie deur nedersettings afgeskrik nie.”

Olifante is ideale ambassadeurs, of ‘n sambreelspesie, vir die bevordering van ekologiese netwerke, wys ’n olifantkundige se navorsing.

D

ie bos is waar olifantkundige dr. Katharina von Dürckheim van die Universiteit Stellenbosch (US) waarlik tuis

voel. Sy het reeds haar passie uitgeleef as ’n wildlewe-navorser, ’n wildlewe-redakteur en deur vir NRO’s te werk. As nagraadse student het sy olifante se reuksin bestudeer, asook maniere om die konflik tussen mense en hierdie Afrika-­reuse op te los. As leier van die nuwe Wildlife Free to Roam (WFR) navorsingsprogram gaan sy nou help om deurgangs­ roetes of korridors te help beskerm sodat wild makliker kan beweeg tussen baie van suidelike Afrika se beskermde natuurgebiede wat deel is van groot oorgrensbewaringsgebiede. WFR is in die US Departement Bewaringsekologie en Entomologie gebaseer, en word deur die Vredesparkstigting (“Peace Parks Foundation”) ondersteun. Die werk wat gedoen word, word opgedra aan die Hertog van Edinburg, wyle Prins Philip, ter erkenning van sy jarelange leier­ skap in die bewaringveld. Von Dürckheim werf tans studente vir haar navorsingspan. Sy is besig om die nodige logi­ stiek in plek te stel wat saamgaan daarmee om in van suidelike Afrika se meer afgeleë gebiede te kan werk. Haar span sal werk in die Groot Limpopo (GL)- en Kavango-Zambezi (Kaza)-oorgrensbewaringsgebiede. Dis reusegebiede wat oor vele lande heen strek, en die vrye beweging van wild oor grense heen toelaat. Dit word amptelik erken en ondersteun deur die regerings van onder meer Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Angola, Namibië en Botswana, en is tot stand gebring danksy toegewyde onderhandelinge wat deur die Vredes­park Stigting sedert 1997 gedryf is. Die inisiatief het reeds gelei tot die herstel van verskeie natuurbewaringsgebiede in suidelike Afrika, en het onder meer die transloka­sie van wild na Zinave Nasionale Park en Maputo Spesiale Reservaat in Mosambiek tot gevolg gehad om dieregetalle te verhoog.

‘KORRIDOR-AMBASSADEURS’

Op grond van vorige navorsing wat Von Dürckheim reeds gedoen het, reken sy dat olifante die ideale ambassadeurs of sambreelspesie is vir die bevordering van ekologiese netwerke en vir die idee agter die handhawing van korridors. Hul roetes word deur ’n menigte ander wildspesies gebruik, insluitend hoefdiere en roofdiere. “Olifante laat uriene en mis langs hierdie roete agter. Dis vir ander olifante soos kommunikasiestasies. Dit bevat menige reukboodskappe waaruit hulle kan optel watter ander olifante in die omgewing is, en moont­ lik gereed is om te paar.” In die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, byvoorbeeld, is daar menige ­olifantroetes wat strek van die Mudumu Nasionale Park in Namibië tot in Angola, en van Angola ooswaarts na die Zambezi­rivier. Baie daarvan verbind bewaringsgebiede met mekaar. Deesdae gebruik ­olifante dit om veral snags vinnig te beweeg deur gebiede waar mense woon. “Hierdie roetes deurkruis gemeenskappe wat langs die rivier kom woon het om met gewasse te boer. Hierdie oeroue korridors moet bewaar word. Hulle moet amptelik erken word om ruimtelike beplanning in die gebied te bevorder, en moontlike konflik tussen mense en wild te verminder.” 

SKEP VAN KORRIDORS

“Die volgende belangrike stap is om geleent­ hede te skep om hierdie parke met mekaar te verbind. Ons moet funksionele korridors en staatsbosreservate identifiseer om wild wat oor groot afstande heen migreer, soos die Afrika-olifant, toe te laat om vrylik te beweeg,” sê Von Dürckheim. Sy tel dr. John Hanks, voormalige uitvoerende hoof van die Vredespark Stigting, onder haar mees gewaardeerde mentors. “Die probleem is dat ruimtelike b ­ ottelnekke voorkom. Sommige mense meen dat ver­skeie van die belangrike bewegingskorridors binne drie jaar effektief sal doodloop weens die uitbreiding van landelike nedersettings. “Daar is ’n sekere digtheid van mense waardeur olifante en leeus nie sal beweeg nie. Dit veroorsaak dat sekere dierebevolkings geïsoleer word, en inteling plaasvind. “Konnektiwiteit is dus belangrik, en om te soek vir korridors en roetes wat wydswerwende spesies soos olifante, leeus en wildehonde kan gebruik.” Deur WFR is die plan juis dit: om binne elke oorgrensbewaringsgebied e­ kologiese ­netwerke te identifiseer, te bestudeer, te bestuur en waar moontlik te bewaar om groot



Dr. Katharina von Dürckheim is die ­leier van die Wildlife Free to Roam-navorsingsprogram in die US se departement bewaringseko­logie en entomologie. Sy het haar PhD verwerf met ‘n ­studie oor Afrika-­ olifante se reuk­sin. FOTO’S KATHARINA VON DURCKHEIM

[email protected]

PRAAT SAAM

Republikein

Vrydag 4 Maart 2022

Praat saam 20 JAAR GELEDE...

[email protected] Sit “lesers” vooraan en SMS na 51500 (N$3/160 k ­ arakters) WhatsApp 0811 7000 10

ONS TAAL

WÊRELD MAAK STEM DIK

Lukraak

MAANDAG 25 FEBRUARIE 2002

• “Savimbi is dood. Lank lewe die mense van Angola.” So het die Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab in reaksie op die dood van die Unita-rebelle leier, dr. Jonas Savimbi, gesê. • Die ingryping van die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het Vrydag tot ’n skikking tussen die bestuur van die Hotel Safari en die Namibiese Voedsel en Verwante Werkersunie (Nafau) gelei.

DINSDAG 26 FEBRUARIE 2002

• Dit is nou tyd dat iets aan die treurige situasie by oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) gedoen moet word en nie oor ses maande of ’n jaar nie. • Samesprekings tussen die regerings van Namibië is onderweg om maniere te vind om Unitabendes in die suid-oostelike dele van Angola en op Namibiese en Zambiese grondgebied te bereik en aan te moedig om hulself oor te gee.

WOENSDAG 27 FEBRUARIE 2002

• Strenger nuwe wetgewing wat groter klem plaas op die finansiële ondersteuning van Namibiese kinders deur afwesige ouers is gister in die Parlement ter tafel gelê met ’n ondubbelsinnige vermaning aan die Namibiese gemeenskap oor die heersende situasie waarin kinders hulle bevind.

DONDERDAG 28 FEBRUARIE 2002

• ’n Aankondiging oor grondbelasting vanoggend hou die sleutel tot sneller grondhervorming in Namibië. • Die instelling van ’n heffing op sake-ondernemings en private belastingbetalers en selfs salarisbesnoeiings vir Parlementslede is gister in die Nasionale Vergadering (NV) as moontlikhede genoem om geld in die staatskoffers te kry om staatspensioene vir bejaardes te verhoog.

VRYDAG 1 MAART 2002

• Die tweede verdagte in die moordsaak van mnr. Joahcim Gero Schaum (60) is gister in Vredehoek in Kaapstad deur knap samewerking tussen die Suid-Afrikaanse en Namibiese polisie vasgetrek.

'n Toneel uit 'n betoging teen Rusland se inval van die Oekraïne in Bern, Switserland, op Saterdag 26 Februarie 2022. FOTO REUTERS/BERND WIEGMANN

SMS'e Annes, moenie in die rondte praat nie, gee reguit antwoorde vir die seerkry-mense. Laat die government ons staatsamptenare op vroeë pensioen afbetaal, sodat ons liewer self bestaan gaan maak as om vir jou graf te werk. Dis belaglik! Tsumeb is die enigste dorp in Namibië waar die kersfeesliggies nog helder brandin die maand van Maart 2022. Cenored, maak ’n plan asseblief!

BRIEWE Deur Sy krag en vrede LORITHA VISSER SKRYF: Liewe Blikbrein, my hart bloei vir jou lyding. Ons ou wêreld is in satan se mag. Hy het eienaarskap van die aarde verkry met Adam se val. Die kanker wat jou dogter stuk vir stuk opgevreet het, is verseker nie God se wil of toedoen nie. Dis kenmerkend van satan se verwoestende haat.

Ek wil nie goedkoop trooswoorde uitdeel nie. Ek wil feite op die tafel lê: Die duistere swaarkry en onbegrip in hierdie lewe sal toeneem tot Christus Jesus met Sy wederkoms ‘n einde aan satan en sy vernietiging sal maak. Mag jy deur God se krag en vrede tot op daardie dag gedra word. Mag jy daarna met jou gesonde dogter herenig - genees deur God se liefde tot die pragtige herstelde mens wat God bedoel het sy moet wees.

WHATSAPP Genade, hierdie situasie met die petrolprys ruk darem nou hand uit. Ek het raad vir die manne : installeer trappedale by die linkerkantse sitplek (vroulief se sitplek) om haar toe te laat om ook betekenisvol deel te hê aan ons mobiliteit. Jy sal tenke, tenke brandstof bespaar, en ‘n salige stilte vir die ore! Wat ‘n droomland. [Met dieselfde tong in die kies: Manlief kan dalk ook soms dieselfde sitplek inneem? - Redakteur] Please report on the water problem from NamWater in the Oshakati, Ondangwa region. Four days already without water most places. Don’t adhere to schedule at all. [Rantsoering van water uit Angola het op die aand van 27 Februarie begin en kan vir twee weke duur.]

LAG SAAM skoongrappies.com Uit ons argief van Februarie 2011: Aan my vertel: Die ou se skoonsuster is vreeslik stadig van geaardheid. Eendag sê hy vir haar: “San, jy is so stadig, jou skaduwee raak ongeduldig.”

uit haar motor geruk en met dié voertuig ontsnap. Ek en ’n medebestuurder het in daardie stadium in ’n kragtige motor baie naby aan die tronk in Braamfontein patrolliewerk gedoen toe ons die radioboodskap kry dat die voortvlugtendes in ons rigting beweeg. Ons was op pad na die toneel toe die boewe teen ’n hoë spoed regoor ons inswaai. Kort op hul hakke het ’n jong rooikopkonstabel met ’n bril agter op ’n bromponie aangery gekom. Ek het later verneem dat hy gesien het

hoe hulle die vrou uit die motor ruk en toe sommer die bromponie-ryer voorgekeer en dié man opdrag gegee het om die misdadigers te agtervolg. Feitlik reg voor die staatspataloog se kantore het die konstabel die eerste skoot geskiet. In daardie stadium was ons reg agter die bromponie en het teen ’n hoë spoed beweeg, maar sowat van skiet het ek nog nooit in my lewe weer gesien nie! Die skoot wat hy afgevuur het, is agter deur die motor se venster en het die voor-

Hoe spreek mens die woord ­“lukraak” uit? Ek hoor nou die dag ’n omroeper sê “luu-kráák”. En ek wonder watter soort kraak dit is. Waarheid is natuurlik dat dit hoegenaamd geen soort kraak is nie. Dit is volksetimologie wat dié artikulatoriese korrupsie tot gevolg het, waarskynlik na die model van gevalle soos “paraat”, “sulfaat” en miskien “akkuraat”. Dis een van daardie woorde wat ’n stam bevat wat ons nie in Afrikaans as ’n woord gebruik nie. Die stam is naamlik “luk”, en ons vind dit in “geluk”, “on-ge-luk” en “ge-luk-kig”. As sodanig het dié stam nie veel betekenis vir die gewone Afrikaansspreker nie. Dit kom egter van die Nederlandse werkwoord “lukken”, met die betekenis van “slaag”. As iets geslaag het, of goed (uit)gewerk het, dan het dit in Nederlands “gelukt”. ’n “Geluk” in Afrikaans is iets wat (goed) gewerk het, miskien sonder dat dit die bedoeling was; die woord is dus deur Afrikaans geërf, so versteen in sy Nederlandse verlededeelwoordvorm, met die verlies van die slot-t (’n sistemiese verskynsel in Afrikaans). As iemand dan iets “lukraak” doen, doen hy dit op ’n probeer-entref-manier, dus letterlik: Mag dié poging “lukken”. Daarom sou ’n akkurater uitspraak van die woord “lukraak” geskryf kon word as “lûk-raak”.

BYBELSE WYSHEID DR. ANNES NEL: Ps 25:16: Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Wat is armoede? ’n Eenvoudige definisie is onmoontlik. Om arm en ryk te wees, verskil van konteks tot konteks. Ons waardigheid as mense is ook aan hierdie realiteite verbind. Om niks te hê nie is een ding. Om niemand te hê nie is nog erger. Die psalmdigter vlug na die Here met sy eensaamheid. Hy is by die regte adres. Mense ervaar egter die Here se teenwoordigheid en genade die beste wanneer daar mense is wat omgee en barmhartig is. Ek is seker jy weet van iemand wat vandag eensaam is en verworpe voel. Die Here stuur jou soontoe.

SÊ MAAR NET 30 JAAR GELEDE Dienders en dienders Dit is verblydend om te sien dat daar nou van owerheidskant daadwerklik teen die toenemende misdaad in Namibië opgetree gaan word. ’n Mens kan maar net hoop dat die nuwe poging meer suksesvol as die vorige probeerslae sal wees. Dit laat my dink aan jare gelede toe drie uiters gevaarlike moordenaars uit die tronk in Hillbrow ontsnap het nadat hulle ’n bewaarder oorrompel en sy vuurwapen afgeneem het. Die drie boewe het ’n verwagtende vrou voor die tronk

9

Prof. Herman Beyer Vakgroep Afrikaans Universiteit van Namibië [email protected]

WOORD VAN DIE WEEK iesegrimmig b.nw. Knorrig, nukkerig, nors. Uit Nederlands iezegrimmig, ’n afleiding met -ig van iezegrim. Nederlands iezegrim kom uit iser “yster” en grime “masker”, m.a.w. “man met die ystermasker” of figuurlik “gedugte teenstander”.

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

WIL JY REAGEER? [email protected]

Gene Travers vlugtende bestuurder in die nek getref. Hy het beheer oor die voertuig verloor en teen traliewerk reg voor die hospitaal se kraamafdeling gebots.

Teen die tyd wat die voertuig tot stilstand gekom het, was die konstabel reeds op sy voete. Die twee misdadigers het by die motor uitgespring en laat spat. Die konstabel het sy bril so effens reggeskuif en die twee hardlopendes elkeen ’n netjiese skoot deur die been geskiet. In die geharwar wat hierop gevolg het, het ek die konstabel uit die oog verloor en hom eers jare later weer hier in Windhoek ontmoet. Hy is nou adj.-off. James Archer van die Namibiese Polisie en daardie moordenaar is destyds met James se koeël in sy nek galg toe. In daardie tyd was die mis-

daadsyfer, selfs vir so ’n groot stad soos Johannesburg, baie laag. Die polisiemag was gedissiplineerd en hulle het die ondersteuning van hul offisiere en die owerhede gehad. Die misdadigers het dit geweet en het gevolglik maar lig geloop. ’n Polisieman kan nie sy werk behoorlik doen as hy nie die ondersteuning van die owerheid geniet nie. Ek is seker daarvan dat die Namibiese Polisiemag oor nog polisiemanne van daardie rooikop konstabel se kaliber beskik. Hulle het net onderskraging nodig. – 26 Februarie 1992 

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.